Rëen soos die
Bakkie-hand sal ek vir jou rëendruppels aandra
wat deur die inposante ingang van my weder-gebore hart
spoel
die liefde los littekens op openbare plekke
soos my woorde salf smeer aan die stukkendes
staan voorkop-teen-voorkop
as die storms woed
soos ‘n koelteboom
beskerm jy my vel teen verbranding
en gedwonge samesyn
‘seblief moenie my langs jou plaas-hek vergeet nie …
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.