Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Branders

Branders breek uit oor my gemoed
verander in wit skuim soos my gedagtes –
klots hard teen die rotes
soos my emosies daarmee wegsterf.
My hartseer spoel uit op die strand
tussen die kleurvolle skulpies
Word terug getrek na die diep see
om weer te herleef!
Ek beleef die see-lewe in my
sien al die mooi in die lewe
onthou skielik dis mos ek!
en word teruggespoel op die sand.
Branders verander my gemoed
‘k besef nou wat die lewe my voed!

Doringtak

Ou doringtak krap aan die venster
asof hy graag wil binnekom
in my hart.
Dorre ou droë doringtak
tik-tak tokkel teen my smart;
voel-voel aan my lief en leed.
Doringtak sukkel-krap aan die venster,
jare al sukkel hy om die venster te raak
nou, na soveel dae, is sy tyd verstreke.
Doringtak hang aan ‘n puntjie,
word vinnig swaar vir dit self.
. breekpunt word bereik!
Doringtak wat gekrap het aan die venster,
lê verlate op die grond.

Kersfees

Kersfees is hier! Mense jaag om my heen …
.werk moet klaar, nog so baie om te doen!
Niemand hoor die straatkind se roep,
sy verlange om saam Kersfees te vier.
Kerskoeke word gebak, voorbereiding vir kersete,
straatkind staar met honger ogies – hy, lankal vergete.
Geld rol asof dit aan bome groei
Niemand wil die kind bemoei!
Wêreld kom tot stilstand! Word wakker!
Kersfees gaan oor Jesus, om te gee en liefde uit te deel!
Straatkind lê in die pad, omgery deur ‘n makker.
Ken geen liefde, ken geen kersfees.
.straatkind sterf alleen in die pad.
dronk makker vier Kersfees!
.straatkind lankal vergete.

Eko-emosie

My hart bot soos die Jakaranda blom
ou blare verdor saam met my verlange
wolke pers saam met die aanslae van die lewe
donderweer slaan alle emosies stukkend!
Vulkaan spuug, trane rol oor my wange
hartseer brand in my oë soos die sonstrale op die teer.
fyn reëndruppels waai teen my vas
kalmte omvou my sagkens toe.
Stormwind bedaar, laat my rustig alleen
Ek word weer sonneblom geel van blydskap
sien weer kans om die lewe te stap.
My hart bot nou lelies
daar’s geen ou blare meer oor, geen wolke wat rol
daar’s net oor, ek.die lelie. en die sonsondergang wat stol.

18 Oktober 2004

Huwelikswens – 1 Mei 2004

(Engel, lief jou baie!)
Die paadjie van die lewe was vol stampe voordat jy daar was in my lewe
Ek het elke dag gebid vir jou
‘k het na liefde gestrewe.
Die lewe is hard, rof
ek’t verskeie kere geval in die stof.
Die krag van Jesus het my gedra
op dieselfde paadjie as jy.
Een onvergeetlike dag, toe was jy daar
onverwags kon ek saam met jou op die wolke vaar.
My gebed is verhoor
en ek’t my hart verloor!
Ek bid vir ons huwelik seën en liefde,
saam sal ons die Here dien.
.en ‘n lewende brief skryf.
van ons liefde.

Thabazimbi – dorp van vloede!

Baksteen hoogte water
vee oor die pad, bome en veld
hoe later, hoe kwater!
een vermis, word aangemeld…
Vloede van emosie, baie hartseer,
vee oor die mens se gesig
boere word ouer, al hoe meer
daar’s net een verlig!
Daar gaan die teerpad,
daar spoel die graan
jare se harde werk word weggevat!
“moenie tou opgooi!” word grasweduwee vermaan.
Te laat! Soveel skade een sterfte!
grasweduwee … word regtig weduwee …

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar