Kieslys

Close


*/

22 Augustus
2017
Gedigte
730 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Rowena Koopman

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

My perspective

My perspective staan soes dié
Is ’n platform vi goed en sleg
Hoe kan jyrit beveg?

Ek reason die epidemic is hie om te bly
Die bullies circulate
material wattie victim manipulate
Anybody kan nou
real life killings
deu ienage channel lat flow
Circulating a buzz
wat deurie social media
se veins rush
Pulsate … pulsate
Issie new heartbeat
van osse modern society

Moetie my vekeed vestanie
Os move ahead mettie times
My grief lê by die misuse, die addiction
Dit create an affliction
Os kan nou osse liewens publicise
witout thought about the price

I surmise … be wise
of is j is alkaa gehipnotise
deu society se lies

Ek onthou

Ek onthou die lekdak, die lendelam ou garage
wat os inhabit het
Ek onthou die twievetrek wa os gedwell het
ek, my ma en drie siblings

Ja, those were the days, not witout its troubles
Ma oek hêppy, ja os was oek hêppy
Nights sometimes sonne kos
But os was bymekaa

Os was borders op os oupa se erf
Ek onthou die groot huis met lights
en os met osse kêsse, en
Monday mornings voorie skool
Issit kêsvet afvie vannie rugsakke, vannie boekblaaie
Da wassie tv nie, ma daa in dai dwelling het os gelies
Daa is die love vi boeke gekweek

Ek onthou potte oppie grond,
’n pot vi elke drop
os was use to die soot ding
En my ma? Nei syt haa dop gevat, soes haa vade voo haa
Syt die stokkie by hom gevat

Issie by chance dat ek soe moes grootrakie
Issie by chance dat ʼn mens ly nie
Nei ek is geslyp deu troubles, ek is geskaaf deu lack
My trane het ’n weg voo my ytgebaan
Diè wings wat ek het is gevorm deu die pyn, die vedriet,
die veagting… die vewagting dat ekkie vê sal kommie
Hoe kan Anna se kinnes dan vê kom?

Die plain truth

Die great separation
van os nation
is carefully designed
om os weg van mekaa te hou
tot nou

Dit was instigated lank voo apartheid
Die engineers van apartheid
hettit net gegryp en
gespread en promote

Die swat man ko op
Die bruin ko ’n bietjie op
Ennie wit man bly blerrie on top

Grudgingly erken ek die whites se pioneerskap an all
Julle het die land help vorm after all
But ek gattie dankie sê vi julle greed, for
you took the whole of the land
and made it yours indeed

Die transition van 94
het much gedoen
om os te vesoen
But under this seemingly united front
lê daa issues wattie vuu nie ees kan
wegbrant

Die desperation vi power en acquisition
placed many of us in a disadvantaged position
But don’t lose heart
We’re still at the start

Osse mense

I reckon it’s a good place to start
Om oo die condition van my volk te praat
Ko os begin byrie veliede,
Wa die ripple effects van nou beginnit …

Die wit man van ouds choose vi hom
die green lush high places
Die bruin man kry die ooskiet
Os word gestoot na die arid dry spaces

Die wit man vat groot areas grond
Os kry net ’n dwelling,
Nie ees grond vi ’n hond om op te strondt

Dêm, die cherry oppie koek
Ek willie vloek
issie flêtse
Osse mense is nou sardientjies, op hoepies
Later vorm hulle groepies

Bendes stiek nou kop yt
Geweld ruk nou hand yt
Bloodflow en violence
is ’n daily occurrence

Elke dag lê hie ’n lyk
dan word hy nou soe bekyk
deu jonk en oud gelyk
Osse kinnes is al use an die exposure
My nasie kry ’n seizure
vannie beslyte vannie veliede

Adam sê die Here het geskommel
ennie dice het vi os vekeed geval
Dais ma al

I say os is wa os is
deu strategic planning
Ennie prognosis?
’n Progressive decline inni mental storyline
van osse mense.

Foto: Stan Winer, circa 1974-1975, Distrik Ses, Universiteit van Kaapstad Biblioteke Spesiale Versamelings

Foto: Stan Winer, circa 1974-1975, Distrik Ses, Universiteit van Kaapstad Biblioteke Spesiale Versamelings




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Gedigte
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:37:03
[…] TEATERONTWERP: Jaco Bouwer – Liewer: Stel Marthinus Basson – Die koninkryk van...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:45
[…] AKTRISE: Anna-Mart van der Merwe – Liewer Antoinette Kellermann – Asem Illse R...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:29
[…] AKTEUR: Albert Pretorius – Wild De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap Pa...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.