// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Susan Lourens

Wat is die mens?

Die mens bly ‘n kind
kinders van die wind.
tem die natuur;
speel met vuur;
gemoeid met snoei;
stories wat boei;
fliekverslaafdes en rokjagters;
dwelmhandel en verkragters;
tussen politiek en kerk
kosmaak en werk …
troos ons die siel,
draai die ou wiel, en
mtre speel ons weer en
Loof die Heer

KERSFEES

Heilige Nag

Hosanna in die hoogste,
Saligmaker, Lam van God -
as sondaar skiet ons tekort in
die liefde; die allergrootse.

Hef die hande op na bo
en juig oor die Jesuskind.
Sterrekykers, herders, almal het geglo
en Hom warm toegedraai gevind.

Kersfees, fees van God.
Die Verlosser, gekruisig,
het Sy liefde uitgestort
oor jou en my, verewig.

Stille nag, heilige nag.
Ons wag op U, elke dag.

mens dom

binne donkerkamers van eeu-oue gedrag
ontwikkel die mens. die wil van elke kind,
maar onbekend. in die warboel van
‘n voortbestaan en reg om te lewe,
net om later, te vroeg, alles
tot niet te verklaar.

swierige swaan

(Wat jy sien is nie altyd wat jy kry nie)

selfvoldaan, swierig en stylvol,
reis jy tussen riet en gras.
gesofistikeerd en trou, maar
verlore, soekend na
honger oë vol ontrou.

laatmiddagson gaan jou jaag.
maar jy hom verag en jou teen hom verset.
die oggendstond sal sy rug op jou draai
omdat jy jouself verkoop het.

aardverwarming

doelgerigte spore stuur …
keer terug…soos die soek en nie vind, na
‘n gaan en ‘n groet … in benoudste uur …

kennis vergaan, is sonder klank …
alles verwoes, verbrand, verspoel …
eens volmaak … gekoester in God se hand.

Klug (groot kop, groot bek)

skadu onder hangtakke,
die koelte ‘n lafenis,
‘n briesie deur die blare,
‘n spookbeeld in die mis …

Wilgerboom, treurboom,
jy lieg vir die wind …
verneuk die watervoëls
en terg vink se kind.

Treur nou ou wilgerboom
want jy dra geen vrug.
jou lang droe takke …
alles net ‘n klug.

Sindroom anoniem

Deur vensters van siele getuig die doodstraf-
Uitpeul-oe, afwagtend vir die graf …
Hygende asems, kermend, knaend,
soos winde om hoeke … vraend …

Die aarde is koud, uitverkoop -
Hope rooigrond, klippe-kransies,
vir bergies en werkloses,
van twaalf… ‘n sesde kind.

Kinders van Afrika sonder ma of pa -
Rondgegooi, soos los klippe in ‘n besoedelde
stroom.

Kaggelvuur

‘n Gesig. Vlammehel …
Tartend en roekeloos
tussen noodkrete van kameeldoringhout.

Herinneringe wat saam lag met
warmkleure – oranje, rooi en geel.

‘n Winternag …

‘n Kremasie …

Ek wens ek kon

seisoene terugskuif …
die winters uitskuif,
herfs, wegskuif en
weer saam met jou
die somers beleef,
sou ek met ‘n sonstraal, goud
oor blou berge smee,
met winde die besoedeling weg vee …

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Related posts:

  1. Gedigte van Aletta Beukes
  2. Gedigte van Carika Pienaar
  3. Gedigte van Anzel Rademan
  4. Susan Boyle F… …
  5. Gedigte van Charmaine van der Merwe

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. baie mooi

    Geskryf deur jana | 17 Junie 2010, 19:09