Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
Spieëlbeeld
Jou oë
weerspieël
‘n hartverskeurende verhaal.
Ek sien -
Twee gebreekte vensters.
Glasskerwe,
glinster in die ongenaakbare son.
Intense pyn,
het grou skaduwees
op jou siel ingebrand
Hartseer,
het diep, donker
voetspore gelos.
Silwer traandruppels,
verdrink gillend in jou hulpelose oë.
Pikswart,
is die sluier
wat oor jou oë sak.
Ek weet -
binne jou
Hart is ‘n eindelose geveg…
Spyt en verwyt,
Soveel onbeantwoorde vrae
(Wat jy elke liewe dag binne jou moet dra.)
My hart
Krimp pynvol ineen
Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde -
Sien ek my spieëlbeeld weerloos in jou oë staan!
Ritmies
Die lewe -
Se ritme
Bruis en borrel
In my smeulende bloed
My vurige –
Hartklop ekstaties
My oë ‘n sterrestelsel
Skyn met Hoop en Afwagting
Ek lewe -
Ek lag
Ek huil
Smag na -
Ware geluk
Passievolle liefde
Totale vervulling
Ligvoets -
Dans ek op
My unieke menswees
Sing saam uit volle bors!
Ek weet -
Wat ek weet,
Wat ek weet!
Ek lewe vir -
Gister
Vandag
Môre!
“OVERDOSE.”
Kleur Kaleidoskoop
van ‘n onvoorspelbare lewe
Vee uit
Die grys – Die swart
Ek’s gatvol vir
somber – morbiede kleure
Ek staan in die ry
saam menigte siele
Kosbare preskripsie
vasgeklem in my hand
Overdose my asseblief
op “Happiness” en Liefde!
Gewonne Stryd?
Weemoed –
kleef aan jou siel
Vreet aan jou soos
‘n dodelike kanker.
Donkerte -
Vou om jou hart
Jy versmoor stadig
in jou eindelose smart.
Pyn -
Gee geboorte
oor en oor.
Stilweg wonder ek-
Gaan jy hierdie stryd verloor?
Liefdeloosheid
Die vlam
van liefde
staan buite in die koue.
Veg
heldhaftig teen
die ongenaakbare elemente.
Dooie
liefdes rituele
sweef spookagtig om ons rond.
Maar -
Hoop flikker
in ons harte.
Ontelbare siele
hunker na die goue morestond.
Liefdeloosheid
sit op sy ysige troon.
‘n Gewentenlose skerpskutter.
Wagtend,
smagtend,
so geduldig.
Een doel voor oë -
Om liefde se vlammetjie te vermoor!
Gryswit As
Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.
Jou uiterlike verbloem -
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.
Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.
Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.
‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.
Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.
Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet nie.
Stadig -
maar seker disintegreer jy.
Vorm gryswit as
teen depressie se jas.
Dis Verby!
Ontelbare leuens …
‘n See gevul met oneerlikheid
(Het jy elke liewe dag oor my gestort!)
Ondeursigbaar was
jou front voor ander mense
(Jy was altyd die galante heer!)
By die huis het jy ‘n
metamorfose ondergaan
Telkemale het ek jou gesien
(Verander in ‘n geweldadige monster!)
Jou oë het verander na pikswart poele
(Kwetsende woorde het soos sweephoue neer gereën!)
Benoud het ek
na my asem gesnak -
(Toe jy jou vuis in my maag inplant!)
Swart-pers
was jou vingerafdrukke op my bo-arm
(‘n Prentjie van jou geweld en aggressie!)
Skelrooi letsels
het jy in my siel ingebrand
Naief het ek gehoop -
(Dat jy met tyd sou verander!)
Elke aand gebid vir
Leiding
Krag
Wysheid
My antwoord het ek gekry
Groot was die skok
(‘n Bittere Ontnugtering!)
Vanaand bid ek weer
(Dank my Hemelse Vader!)
Die lyding is verby
(Jy is nie meer by my nie!)
Onverwerkte seer
Menigte harte
Het jy vol verdriet ingespuit
Jou eie
Vlees en bloed
In die proses te na gekom!
Soveel -
Onnodige pyn
Soveel hartseer
Soveel trane …
Nooit sal ek
Dit kan verstaan nie
Jou dade – Jou woorde
(So onvoorspelbaar!)
Niks maak sin nie
Hier in my
Binneste skreeu dit -
Hoe kon jy dit doen?
In die middernagtelike ure
Lê ek met kolkende emosies
Daar is soveel
Onbeantwoorde vrae
Ek dink aan jou kinderdae
En
Ek dink aan jou lewenspad
Stilweg wonder ek -
Is jou
Dade dalk
Die resultaat
Van al jou onverwerkte seer?
(Waarvoor – onskuldige mense – voor moet boet!)
Genadeloos!
Sieldodende
pyn sit soos ‘n roofdier
in die middel van my verskrikte siel
Sy
vlymskerp kloue
verskeur die ragfyn drade
Hulpeloos
krimp ek ineen
Met
bloedbelope oë
gluur hy venynig na my seer
Grom – Brul
soos ‘n besetene
Brutaal slaan
hy sy twee slagtande in
‘n Gil
ontsnap
oor my kurkdroeë lippe
Skokgolwe
skiet deur my
Trane stroom
oor my wange
Wreedaardig
begin hy te kou
Stadig skeur hy
stukkie vir stukkie
Verlammende pyn
spoel deur my wese
Bloeiend
kyk ek na hom
Pleit – Smeek
dat hy asseblief moet stop!
Maar daar
is geen genade nie!
Emosieloos
Gisteraand het
ek van jou gedroom
Ontsteltenis was
orals op my gelaat ingekerf
Histerie het in my
stem rond gedans
Ek wou by jou weet:
“Hoe kon jy dit doen?”
Naarstiglik gesoek na
‘n Rede – ‘n Verduideliking
Jy het net
stip na my gekyk
Die klank van
jou stem was afwesig
Jou mond het nie
‘n enkele woord gevorm nie.
Geskok -
het ek na jou gekyk
Ongeloof in my traangevulde oë
Met ‘n ruk het ek wakker geskrik
‘n Ontstellende droom –
gekoppel aan die realiteit
Al wat ek verseker weet -
Jou emosielose gesig
sal elke aand by my spook!
Die Sandkorrel
Sonstrale
gly verleidelik oor my
Koel seewater
spoel sagkens oor my
Skielik -
Trap ‘n
onbedagsame
voet op my
Kreunend
sak ek dieper tussen
ontelbare sandkorrels in
Geniepsig
Druk, Stamp
en stoot hul aan my
Ek beur vorentoe
Hunkerend na ligstrale
Ek moet hier uit -
Voel soos ‘n gevangene
Ek tuur na
die blou hemelruim
Seemeeue sweef
sorgeloos rond
Hardop
smeek ek
vir bevryding
Maar my stem -
raak verlore in
‘n see van sand!
Ritmies
Die lewe -
Se ritme
Bruis en borrel
In my smeulende bloed
My vurige -
Hartklop ekstaties
My oë ‘n sterrestelsel
Skyn met Hoop en Afwagting
Ek lewe -
Ek lag
Ek huil
Smag na -
Ware geluk
Passievolle liefde
Totale vervulling
Ligvoets -
Dans ek op
My unieke menswees
Sing saam uit volle bors!
Ek weet -
Wat ek weet,
Wat ek weet!
Ek lewe vir -
Gister
Vandag
Môre!
Emosieloos
Gisteraand het
ek van jou gedroom
Ontsteltenis was
orals op my gelaat ingekerf
Histerie het in my
stem rond gedans
Ek wou by jou weet:
“Hoe kon jy dit doen?”
Naarstiglik gesoek na
‘n Rede – ‘n Verduideliking
Jy het net
stip na my gekyk
Die klank van
jou stem was afwesig
Jou mond het nie
‘n enkele woord gevorm nie.
Geskok -
het ek na jou gekyk
Ongeloof in my traangevulde oë
Met ‘n ruk het ek wakker geskrik
‘n Ontstellende droom –
gekoppel aan die realiteit
Al wat ek verseker weet -
Jou emosielose gesig
sal elke aand by my spook!
Onverwerkte seer
Menigte harte
Het jy vol verdriet ingespuit
Jou eie
Vlees en bloed
In die proses te na gekom!
Soveel -
Onnodige pyn
Soveel hartseer
Soveel trane …
Nooit sal ek
Dit kan verstaan nie
Jou dade – Jou woorde
(So onvoorspelbaar!)
Niks maak sin nie
Hier in my
Binneste skreeu dit -
Hoe kon jy dit doen?
In die middernagtelike ure
Lê ek met kolkende emosies
Daar is soveel
Onbeantwoorde vrae
Ek dink aan jou kinderdae
En
Ek dink aan jou lewenspad
Stilweg wonder ek -
Is jou
Dade dalk
Die resultaat
Van al jou onverwerkte seer?
(Waarvoor – onskuldige mense – voor moet boet!)
Dis Verby!
Ontelbare leuens …
‘n See gevul met oneerlikheid
(Het jy elke liewe dag oor my gestort!)
Ondeursigbaar was
jou front voor ander mense
(Jy was altyd die galante heer!)
By die huis het jy ‘n
metamorfose ondergaan
Telkemale het ek jou gesien
(Verander in ‘n geweldadige monster!)
Jou oë het verander na pikswart poele
(Kwetsende woorde het soos sweephoue neer gereën!)
Benoud het ek
na my asem gesnak -
(Toe jy jou vuis in my maag inplant!)
Swart-pers
was jou vingerafdrukke op my bo-arm
(‘n Prentjie van jou geweld en aggressie!)
Skelrooi letsels
het jy in my siel ingebrand
Naief het ek gehoop -
(Dat jy met tyd sou verander!)
Elke aand gebid vir
Leiding
Krag
Wysheid
My antwoord het ek gekry
Groot was die skok
(‘n Bittere Ontnugtering!)
Vanaand bid ek weer
(Dank my Hemelse Vader!)
Die lyding is verby
(Jy is nie meer by my nie!)
Gryswit As
Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.
Jou uiterlike verbloem –
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.
Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.
Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.
‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.
Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.
Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet nie.
Stadig -
maar seker disintegreer jy.
Vorm gryswit as
teen depressie se jas.
Genadeloos!
Sieldodende
pyn sit soos ‘n roofdier
in die middel van my verskrikte siel
Sy
vlymskerp kloue
verskeur die ragfyn drade
Hulpeloos
krimp ek ineen
Met
bloedbelope oë
gluur hy venynig na my seer
Grom – Brul
soos ‘n besetene
Brutaal slaan
hy sy twee slagtande in
‘n Gil
ontsnap
oor my kurkdroeë lippe
Skokgolwe
skiet deur my
Trane stroom
oor my wange
Wreedaardig
begin hy te kou
Stadig skeur hy
stukkie vir stukkie
Verlammende pyn
spoel deur my wese
Bloeiend
kyk ek na hom
Pleit – Smeek
dat hy asseblief moet stop!
Maar daar
is geen genade nie!
Die Tuin
Alleen -
Dolwe ek
In droeë grond
Opsoek -
Na lewe
Na hoop!
Verlepte plant
Hunker na reën!
Dooie sade
Lê in hul vlak graf
Doodstil
was hul groet.
Moedeloos
kyk ek op:
Blou is
die hemel
Sonstrale skroei
Op ons neer
En Ek sug!
Die vlek
Jou leuens
vorm ‘n rooi
vlek op jou gesig
Ek kyk
stip daarna
Die
vlek word
rooier
bloedrooi
skelrooi -
Jy sien
dit nie raak
Is jy blind?
Elke dag
word die vlek
al hoe groter
Hulpeloos
kyk ek toe
Dit groei
en groei …
Dit vreet
aan jou vlees
en
Dit vreet
aan my siel -
Hoe lank
kan ek dit nog verduur!
Soveel leuens …
Soveel oneerlikheid …
Ek kyk
weer na jou
en
Om my
vorm ‘n
ondeurdringbare muur.
Groen Gras
Verwoed
sny ek aan
die lang, groen gras.
Dit word -
Korter
Korter
Korter!
Uitasem -
kyk
ek daarna.
Sorgvuldig
skraap ek
dit bymekaar.
Gooi
dit eenkant.
Na
‘n wyle
vorm dit ‘n
verrottende hoop.
Herinneringe -
aan
mislukte liefde.
Stille Verwondering
Sterre
vorm ‘n
skitterende raam
om jou dierbare gelaat
In
liefdeskleure staan
jy voor my getooi
Warm is die glans
wat jou oë uitstraal
Uitbundig -
die lied in my hart!
Jou hande
streel sagkens
oor die verskuilde smart
In stille
verwondering
staan ek voor jou
O – die liefde
is ‘n kosbare skat!
Liefdeloosheid
Die vlam
van liefde
staan buite in die koue.
Veg
heldhaftig teen
die ongenaakbare elemente.
Dooie
liefdes rituele
sweef spookagtig om ons rond.
Maar
Hoop flikker
in ons harte.
Ontelbare siele
hunker na die goue morestond.
Liefdeloosheid
sit op sy ysige troon.
‘n Gewentenlose skerpskutter.
Wagtend,
smagtend,
so geduldig
. Een doel voor oë -
Om liefde se vlammetjie te vermoor!
Gryswit As
Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.
Jou uiterlike verbloem –
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.
Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.
Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.
‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.
Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.
Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet.
Stadig -
maar seker disintegreer jy.
Vorm gryswit as teen depressie se jas.
Die bottel het omgeval
In die middel van my siel
staan ‘n groot glasbottel
Dis gevul met ontsaglike pyn
Die lewe se sweephoue
reën genadeloos op my neer
Dit kloof my gemoed oop
skeur die geluk aan flarde
Skokgolwe swem deur my
Gevaarlik kantel die bottel
tol in die rondte
Paniek skop my verskrikte hart
‘n Gil weergalm
ek begin onbedaarlik bewe
Smart verskyn
spring op my siel
Op, af, op, af
My bloed stol
die bottel gaan omval
Ek probeer keer
gryp wild
Vrees versteen my
Die pyn stort uit
drup
drup
drup
Folterend op my siel
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.