// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Zareth-Bloem Stroebel

Indeks van digters

Stilte in gemoed

Laat daar klamte in jou gemoed kom
Jesus stilte deur jou gaan
Luister na die natuur
Drink van sy klamte
Sweef op die wolke van vergeet
Kry stilte in jou gemoed

Luister na gedruis van bome
Geklap van arende se vlerke
Simfonie van voëlgesang om jou
Reuk die blomme se geur wat soet oor jou hang
Luister na die lied van die veld wat jou verfris
Stilte in jou gemoed

Hoor jou hart roep!
Beantwoord jou vrae
Drink die liefde wat oor jou spoel
Kry stilte in jou gemoed

Weer begin

Soekende oë na weer begin
Grypende hande dwalende oor warm liggaam
Haastige voete die donker in

Staar na die eindelose begin
Beelde krimpend teen hemel bloue skaduwee
Verlangende hande na brandende sonstrale
Gejaagde voete oor skynende strale van maanlose nag

Verdwaalde hart
Verwaarde brein
Gebreekte liggaam
Ongeneesbare smeulende seer

Mensdom se verraad
Verskeurde kind
Huilende donker oë
Vraende lippe
Sagte hande na stille berusting

Kalmerende oë
Sien die hartseer oe na weer begin
Vertroostende genesende hande vou om gebreekte gebreekte liggaam

Endlose begin is goue spelende sonstrale
Silwer maan beskermend oor die Weer Begin

Love life with bipolar disorder

On the top of the world
In my own little hemisphere
More than beautiful
Clever as Einstein
Shining my own sunshine over my world
Building the wall higher and higher
My hemisphere getting smaller smaller

Slowly slowly sleepless cruel into my head
Eating is a dangerous game of more sweets and treats

My bedroom became my sanctuary
Tears are the river that flows and flows any unknown direction in my whole body
Irritation is calling herself angry
Tolerance playing with anger

Stay away from me interest
I don’t want to play
Energy all over the ground, sucked in by selfish thirst

Go away your ugly, nasty people
You stole my life and killed my soul
Don’t come near your words are poisoning to my life
You pollute the air I breath

Where is my car keys?
I don’t know where I last saw my handbag
Lost in my own world
The cloud over my mind, growing and growing
I lost the will to think
The feeling of my bursting brain lingers over me

Knock on the door
Who are you?
Go away!!
You fill up my space
Knocked me over
Please leave
I don’t want to dance

Who is that ugly woman in the mirror
The cruel laughter at the malformed face
The fatty stomach
Where do you come from, creature of the night?
Why are stuck on me?
Go, Go away!

Description pills
One at night
I need two to sleep deeply
Why drinking pills it eats my nerves away
Flush the pills away
Without time I can go into the land of nowhere

Somatic!
What does the GP’s know
I feel the pain in my head and body
They don’t have any idea
Somatic!
O! Please save me from the arrogance

Anxiety
Why?
My heart bursts through my throat
Creeping shaking my world
Running sweat burst through my body, like tears of sadness

Where are the pills?
Where are the car keys?
I need to stop
I need the everlasting silence
I don’t want this life anymore
The monsters, the ugly laughter clown must disappear
Close my eyes never to be awake

Somewhere, Somehow, Someone picked me up
Taught me to look at the sun filling brightness in my life
I accept the laughter and enjoyment of living a life
I can live and love life
Now I know I can climb the mountain three steps up, one step back
I will make the top, because I am living my live with acceptance and controlling Bipolar Disorder in my life.

Live life with love!

YOU

You!
You in my mind, heart and soul.
You are part of me.
You think and feel in me.
You are in me, out me, around me.

You need my body
My kisses and hugs.
My heart and love.

You stare in my eyes.
You see my tears.
You steal my laughter and the care for you.

You!
I carry your heartache and loneliness.
One day you will give all back to me.
You I understand.

You are you

VERSTAAN

Verstaan jy my!
Begryp jy my!
Weet jy wat my denke is?
Weet jy wie ek is?

Verstaan jy my liggaam!
Weet jy waar my begeerte lê?
Jou hande streel my liggaam en hart.

Dis my denke,
My wese om een te wees met jou,
As ons arms om mekaar vou
Die een wees met jou

Intenser is jou naby wees
Meer as vriendskap
Jy een met my siel

Verstaan jy my!

YOU AND ME

Lie down on the grass
Touch the lost love on our finger points You and Me

Alone in the river of life
Lost in the valley of missing you and me On top of the high mountain of fear You and Me

Down at the beach of love shell
In the ocean of forget
You and Me

Desert sand of destroy
Shipwreck full of heartache
You and Me

Where are we going
You and Me

SONSKYNKIND

Opgedra aan my baba Sophia Jacoba (Sonia) Bloem

Sonskynkind waar is jou liefde heen.

Stil raak jou stem wat lag tot die hemel.

Dof is jou oë van die trane. Die spieëlbeeld van jou siel kwyn onder die seer.

Sonskynkind eendag skyn die strale van die son weer deur jou.

Klinker jou lag oor die velde. Weg is jou trane.

Deur jou oë skyn jou siel soos helder ster.

Mooie sonskynkind …

ROSE

Wys my ‘n tuin vol liefde en ek wys jou die lewe
Wys my die geel roos en ek wys jou die sonskyn
Kabouter se gelag
Wys my die wit roos en ek wys jou die silwer maan
Feetjies dans
Wys my die pienk roos en ek wys jou die sagte hart
Feekoningin se glimlag
Wys my die pers roos en ek wys jou die mededeelsaamheid
Koning Kabouter se omgee
Wys my die rooi roos en ek wys jou die liefde
Liefde wat uitroep na almal
Wys my ‘n roostuin en ek wys jou die lewe.

Rose

Rose

RIVIER VAN TRANE

Betrag die wêreld deur sielvolle oë
Sien die verwoesting van die wêreld
Trane van verdriet gly oor die wang
Hartstogtelike uitroep na die mens
Vernietig die natuur die prag
Vernietig julle self
Maak dood die liefde van menswees

Rivier van Trane
Trane vir die hartseer
Trane vir die vernielsug
Trane vir haat
Trane soos rivierstrome
Was weg die pyn
Spoel die verniel weg na see
Herstel die oneindige liefde vir aard en mens

Rivier van trane vir als.

Riviere van trane

Riviere van trane

ALLEEN

Hier staan ek tussen duisend mense
Sien die glimlagte
Opreg en ander se masker
Babbel sonder enige doel
Stemme sonder woorde
Woorde met geen mening

Werk met ‘n lag
Simpatieke met diep seer
Steunpilaar sonder anker vir mense om my

Ek! Ek alleen
Verpletter in liefde
Verkrag my geloof
Vernietig menswees
Versmoor in eensaamheid
Net ek en alleen

Alleen

Alleen

My Baba Sus

Opgedra aan Xena Janse van Rensburg (gebore Bouwer)

Kleine Baba in emmer water
Skater lag met bloue ogies
Koue voetjies en vuil handjies styf teen my rug
Mooie dogtertjie met ‘n smile wat harte steel
Groot word met blydskap en huil
Nat nagte van vlug en veilig in my arms rus
Tiener met oë vol liefies vir outjie met blonde hare
Kindertjies amper by dosyne
Hartseer, drama maak jou ‘n sterker mens
Jy vol krag en moed vir die mense om
en in jou
Gebede uit jou hart al loop die seer vooruit

My sussie met soveel moed met al die teenspoed
Jou sterkte my baba sus en ons behoud
Jou liefde is ons troos
My liefde vir jou sal altyd wees by jou
Soveel soveel leer ek van jou
My liefste baba sus Lief jou vir altyd en ewig

Through all of this

On the floor of your life.
On the path of your way.
Around your feet where you stand.
Lies the pieces of your heart.
Through your tears like rain.
The sadness dim the brightness of your soul.
Through the trouble that bow your living.

Through all of this you stand your ground with Jesus as your guide.

Through all of this

Through all of this

LANGPAD

Ver lê die pad uitgestrek, water visioene aan die einde.
Verbeel en dink dit is troos
Hoe nader die spieël,
verder strek die harde teer pad sonder einde.

Begin weer die langpad aandurf
Opsoek na antwoorde onder brûe van verwarring
Hartseer wegspoel in stroompies van verlange
Gee liefde om weg te waai in wind
Wind waai die liefde terug
Klou soos steekgras aan die hart
Besef liefde sal bly.

Gaan op knieë onder bome in velde
Hoekom Heer? Waarom Heer?
Die liefde seer op die pad.

Langpad van verlange
Wyd soos woestyne, sonder einde
Wonde, groot klowe in berge van hart
soek ompad
Omdraai!
Slegs afgronde
Hoe klipmure
Smalpad van verlange

Waarheen?
Soek einde van langpad
Niks!
Ek en jy met n onsigbare band verewig op die pad
In mekaar se harte graveer – Onuitwisbaar

Geen afdraai
Geen kortpad
Geen omdraai
Net ek en jy op die langpad van werklikheid

TE LAAT

Kyk deur die venster na die wêreld daar buite.
Sien die reën drup, drup teen die ruite.
Drup, drup die trane van die kinders met die hale en bloed teen die hemel venster
Slaan, slaan die ys met geweld
Stukkend die blomme se sagte blaartjies
Slaan, slaan die vuiste van die Pa teen die velletjie van die mensie sonder verweer.
Blitse kloof die die hemelse wolke kwaaier en kwaaier.
Die vloeke en skel van die man van die huis
Ma se geskreeu.
Kinders se huil.
Breuke, bloed, DOOD!

Sny deur die Engele se harte en Gees van die Heer.
Waarom Heer skreeu my hart.
Help roep my gees!
Te laat!

WEG

Woestaard vergryp hom aan die verwilderde kindvrou
Ruwe hande ongenadig op sagte lyf
Pruwel gebed oor gekneuste lippe
Wegskram van wellus in weerdaard se oë en liggaam
Woede vuiste teen die mure
Bloed bevlek mure en vloer van vuiste en vernielde liggaam.

Smekende groen oë vol weemoed en trane
Soekend die waarheid
Die weemoed weerkaats die verwarrende verwilderde gees
Rooihare waai in die warrelwind
Wild, woedend
Beskermende oor die vernielde stukkende liggaam
Ongebruik en verwoes agter gelaat.

Weggesink is die kindvrou
Verdryf deur angs en haat
Wegraak in waterpoel
Verdoef die oë
Verslap die liggaam
Weg Weg

Vir ons, jou Suid Afrika
Oorlog in Angola 1981-1983

Opgedra aan:
Anton van Rooyen
Jameson Bosse
Boesman Bezuidenhout
En al die ander soldate wat daardie tyd in Angola was.

Op die platform staan ons seuns
Opgewonde in glo dat hul manne gaan word
Moeders met trane
Vaders met trots
Vir ons, jou Suid Afrika weerklink op ysterspore.

Flossie hoër en hoër
Sweef
Stamp stamp
Ruk en pluk die winde na onbekende grens
Opgewonde!
Bang!
Dapper!
Glo dat niks gaan die troepe onder kry
Tog die sagte gefluister na God
Vir ons, jou Suid Afrika waai deur die lugstrome.

Dapper gesig
Bewende hart
Ferm hand
Soekende oë
Sterk liggaam
Sagte gebed
Vir ons, jou Suid Afrika fluister onbekende land se bome.

Dood die stilte
Diere swyg
Voëls tjirp sag
Skuil van komende gevaar
Sluipende nader
Onwetend
Vir ons, jou Suid Afrika sis die vyand se slang.

Lê en luister
Hoor die stilte
Voel die gevaar
Ruik die dood
Nege skote vermink die seun
Twee se dood ewig weg jonge seuns
Vreemde grond suig gulsig die jonk wees bloed Vir wat?
Roep die stemme uit Suid Afrika
Geen antwoord
Net die bloed en dood
Vir ons, jou Suid Afrika gil die verminktes en dooies
Vir ons, jou Suid Afrika.

Through all of this

On the floor of your life.
On the path of your way.
Around your feet where you stand.
Lies the pieces of your heart.
Through your tears like rain.
The sadness dim the brightness of your soul.
Through the trouble that bow your living.

Through all of this you stand your ground with Jesus as your guide.

LANGPAD

Ver lê die pad uitgestrek, water visioene aan die einde.
Verbeel en dink dit is troos
Hoe nader die spieël,
verder strek die harde teer pad sonder einde.

Begin weer die langpad aandurf
Opsoek na antwoorde onder brue van verwarring
Hartseer wegspoel in stroompies van verlange
Gee liefde om weg te waai in wind
Wind waai die liefde terug
Klou soos steekgras aan die hart
Besef liefde sal bly.

Gaan op knieë onder bome in velde
Hoekom Heer? Waarom Heer?
Die liefde seer op die pad.

Langpad van verlange
Wyd soos woestyne, sonder einde
Wonde, groot klowe in berge van hart
Soek ompad
Omdraai!
Slegs afgronde
Hoe klipmure
Smalpad van verlange

Waarheen?
Soek einde van langpad
Niks!
Ek en jy met n onsigbare band verewig op die pad
In mekaar se harte graveer – Onuitwisbaar

Geen afdraai
Geen kortpad
Geen omdraai
Net ek en jy op die langpad van werklikheid

My Baba Sus

Opgedra aan Xena Janse van Rensburg (gebore Bouwer)

Kleine Baba in emmer water
Skater lag met bloue ogies
Koue voetjies en vuil handtjies styf teen my rug
Mooie dogtertjie met ‘n smile wat harte steel
Groot word met blydskap en huil
Nat nagte van vlug en veilig in my arms rus
Tiener met oe vol liefies vir outjie met blonde hare
Kinderkies amper by dosyne
Hartseer, drama maak jou n sterker mens
Jy vol krag en moed vir die mense om
en in jou
Gebede uit jou hart al loop die seer vooruit

My sussie met soveel moed met al die teenspoed
Jou sterkte my baba sus en ons behoud
Jou liefde is ons troos
My liefde vir jou sal altyd wees by jou
Soveel soveel leer ek van jou
My liefste baba sus Lief jou vir altyd en ewig

TE LAAT

Kyk deur die venster na die wêreld daar buite.
Sien die reen drup, drup teen die ruite.
Drup, drup die trane van die kinders met die hale en bloed teen die hemel venster
Slaan, slaan die ys met geweld
Stukkend die blomme se sagte blaartjies
Slaan, slaan die vuiste van die Pa teen die velletjie van die mensie sonder verweer.
Blitse kloof die die hemelse wolke kwaaier en kwaaier.
Die vloeke en skel van die man van die huis
Ma se geskreeu.
Kinders se huil.
Breuke, bloed, DOOD!

Sny deur die Engele se harte en Gees van die Heer.
Waarom Heer skreeu my hart.
Help roep my gees!
Te laat!

SONSKYN KIND

Sonskyn kind waar is jou liefde heen.

Stil raak jou stem wat lag tot die hemel.

Dof is jou oe van die trane. Die spieelbeeld van jou siel kwyn onder die seer.

Sonskyn kind eendag skyn die strale van die son weer deur jou.

Klinker jou lag oor die velde. Weg is jou trane.

Deur jou oe skyn jou siel soos helder ster.

Mooie sonskyn kind.

DEUR ALLES

Deur die trane van jou hart.

Deur die seer van jou mens wees.

Deur die mis van geliefste ewig weg van jou.

Deur die groet van nie weer sien.

Deur dit alles glimlag jy vir die wereld.

Skaterlag jy vir die sterre.

Gee jy jou hart weer en weer.

Deur dit als is jy mens.

LIEFSTE

Verwarrende, stukkend hart sal nie weer kan breek
Die pyn van gister verdwyn
Liefde van gister, vandag, more groei binne jou
Soos tussen jou en my.

Vrede oor verlede se hartseer
Bou op vreugde en liefde van more

Liefde wat verlore gaan en wat gewen kan word

Mure wat deur liefde stadig stadig afgebreek word

Stukkende hart van gister in jou hande

Ons wat heel moet
Om ‘n more te bou
Liefde van man en vrou wees

(Untitled)

One day a man on his daily walk past the church and see broken roses in the walkway.
He stop and asked the gardener what happen.
The reply shock the man and he start to cry
“That is not broken roses but the woman who’s heart you broke,
Turn your back on her and walk away.
Never turn around and see her tears.
You was too busy thinking about YOURSELF

Gedig aan Mamma

Aletta Susanna Swart voorheen Bouwer gebore Geyser

Gebore 31 Oktober 1932

Oorlede 13 September 2009

Mamma
Die dag toe ek my eerste skreeu gegee het, was Mamma daar.
My wegloop dae as 2 jarige het Mamma my gaan haal.
Met al my wilde kinderdae en weggooi tienerjare was Mamma daar.
Met al die geboortes van Mamma se kleinkinders was Mamma daar.
Met al die lag en trane was Mamma daar.
Dankie my Mamma
Met al my liefde, gaan Mamma baie mis.

- Zareth, Pierre, Kleinkinders en agter kleinkinders

Gedig – Aan SARS
Where is our life
SARS took away the way we live
turn it up side down,
Took away the joy and satisfaction in our work by
send us to an island nobody really want to be!
We still give our best and will in the future,
BUT
The world is sleeping, still dreaming
and we?
the world is playing under the street lights
and we?
Parents are tired
Do not ask them for a hug!
They will not make it for the school play
Traffic! Traffic!
I am sick and my parents are miles away
Thank you Auntie for taking me to the doctor,
my parents can not make it!
SARS forget that we have a life to live outside SARS!

Gedig aan Pappa

Jan Stefanus Bouwer
Gebore 31/10/1937
Oorlede 7/09/2007

I say goodbye today to Pappa Jan and do not know why?
I feel the pain in my heart,
the tears in my eyes.
I say goodbye with love and guilt.
I say goodbye with selfish emotions in myself.
With a pray in my heart for God to relief Pappa from the pain.
I Say goodbye with love in my heart.
The love that keep me to walk on as Pappa daughter.
I say goodbye and know that Pappa is in Jesus arms.
I say goodbye.

Pappa’s daugther

Kind van Vrede

Deur die oë van die Kind, sien jy liefde
In die hart van die Kind, hoor jy die gedruis van vrolikheid
Kind se lag, saai die warmte van menswees
Trane van die Kind, spoel weg die seer.
Kind van Vrede
bring eenheid in harte van mense
Streel die pyn van menswees
Gemoedrus in verwarde gees
Sonskyn in donker gemoed
Blomtuin vol glimlagte
Onstuimige gees, sien die stil word in die oë van die Kind van Vrede.
Geharde hart, verminkte gees, verwarde mens hou vas aan die hand
van die Kind van Vrede.
Kind van Vrede, vir mensdom gegee.

Soms …

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom
om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
oor wat jy verloor het
& soms moet jy lag
oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer
maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God
met liefde mense na jou stuur
om jou lewe te verryk.
Geseënde Dag saam met GOD
wat nie Soms is nie
maar Ewig.

Huweliksbelofte

Vandag is die eendag wat more sal wees,
Sonder hartseer en verwerpings van gister

Vandag is die more vir jou en my
More met sonskyn en lag
More met glimlag van menswees sonder stukkende hart

Ons more’s
Waar langpad, kort word
Dorings, roosblare
Winterdae, somer nagte

More
Met jou in my hart
Diep gebere vir baie more’s

My hart en siel aan jou oop gele,
In jou hande om my more’s mee te bou
My staande te hou vir die hartseer wat kan kom in die more’s

More’s
My liefde
More’s soms ver en donker
More’s partymaal naby en lig
More’s met hartseer en vreugde

So baie more’s vir my en jou
Baie more’s saam ons HEER.

Aan Pierre – My Man
Van Zareth – Jou Vrou
Huweliksdag 1 Julie 2006

Onthou my naam

Onthou my naam
My siel en gees oor die jare van nou
Onthou my naam
Onthou my
Nie net my naam
Onthou my liggaam, my soene
Myself
Onthou my
Soos ek is
Wees by my in siel, gees, liggaam
Onthou my naam
Onthou my
Wanneer jy verlang
Langs die see stap
In woud van liefde verdwaal
Onthou my naam.

Kinderliefde

Onskuld, kinderlik sonder probleme
Vrolike lag
Trane van plesier
Skelm soentjie agter boom
Handjies vashou waar niemand sien
Verlepte blomme met soveel liefde
Giggel oor telefoon
Bloedrooi bloos
Grootmens!!
Kyk en leer
Kinder liefde, opreg en uit die hartjies
Kinder liefde suiwer
Agapè liefde van kinders so sonder vra en eise.

Bang

Donker nag
Blitse rondom my,
Geen lig insig,
Waar … is die pad
Woestyn
Geen … einde
Seer gaan aan, aan, aan …
Die los sny …
Laat gaan …
Vergeet op eiland, vergeet van my …
My bestaan en hart
Die bang vir verloor
Vir wat was …
En nie sal wees
Rivier,
Gevul met trane van hart,
Vloei na die oseaan van onthou
Oerwoud,
Groei die liefde deurmekaar
Gevaar skuil onder die blare van lag
Bang …
Bang,
Vir van vergeet,
Die seer in die hart
In gebrand vir ewig
Bang …

Lugstrome

Kom met lugstrome,
Gaan daarmee.
Wat van my wat agter bly?
Die ontsekerheid, pyn en ook blydskap.
Ek dwaal en wag vir die volgende lugstroom om jou terug te bring.
Ek weet op ‘n dag gaan die lugstroom jou altyd vat en nie terug bring.
Wat word dan van my?
Leer ek aanpas?
Moet ek dit diep in my hart bêre en aangaan?
Wat van jou sal jy kan bêre en vergeet?
Nee!!,
My vriend as jy werklik voel sal dit en seer hand aan hand loop en gaan met lugstrome heen en weer.

Gedig aan jou (my man)

Ek het jou so onsaglik lief
Die liefde van ‘n vrou vir ‘n man
Liefde wat seer maak, onbeskryflik seer.
Liefde wat ‘n sagheid oor my bring.
Ek weet jy kan dit nie met beide hande vashou nie.
Ten volle bewus dat ek van jou net krummels gaan ontvang.
Jy weet selfs dit is genoeg vir my.
Ek weet nie eers hoe lank gaan dit duur nie.
Ek wat seer soos ‘n magneet aantrek.
Ek wat nie daarvoor gevra het nie.
Dit het net in my gegroei, die liefde vir jou.
Ek gebore en getoei vir seer.
Ek is net dankbaar dat ek Jesus in my hart het,
Want Hy verstaan en help my dra aan al die seer.
Ook net Hy weet hoekom ek vir jou lief geword het.
Wat in jou hart aangaan weet net jy.
Jou gedagtes is ook net joune.
Ek wil graag weet, maar dit is eise stel en ek mag nie.
Jy moet uit vrye wil dit met my deel.

Gedig aan Pappa

Gedig aan Pappa
Jan Stefanus Bouwer
Gebore 31/10/1937
Oorlede 7/09/2007

I say goodbye today to Pappa Jan and do not know why?
I feel the pain in my heart,
the tears in my eyes.

I say goodbye with love and guilt.
I say goodbye with selfish emotions in myself.
With a pray in my heart for God to relief Pappa from the pain.

I Say goodbye with love in my heart.
The love that keep me to walk on as Pappa daughter.

I say goodbye and know that Pappa is in Jesus arms.

I say goodbye.

Pappa’s daugther

Gedig – Aan SARS

Where is our life
SARS took away the way we live
turn it up side down,
Took away the joy and satisfaction in our work by
send us to an island nobody really want to be!

We still give our best and will in the future,

BUT

The world is sleeping, still dreaming
and we?
the world is playing under the street lights
and we?

Parents are tired
Do not ask them for a hug!

They will not make it for the school play
Traffic! Traffic!

I am sick and my parents are miles away
Thank you Auntie for taking me to the doctor,
my parents can not make it!

SARS forget that we have a life to live outside SARS!

ongetiteld

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom
om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
oor wat jy verloor het
& soms moet jy lag
oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer
maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God
met liefde mense na jou stuur
om jou lewe te verryk.
Geseënde Dag saam met GOD
wat nie Soms is nie
maar Ewig.

Ekstra Maan

Jupiter met ekstra maan
Vertel dit dalk die wêreld iets, so voor herdenking van Jesus geboorte
Skitter nes Betlehemster
Kyk deur teleskoop en dink aan die Kind
Die Kind gebore vir die mensdom vol van sondes
Gebore om haat in liefde te verander,
gebreekte hart heel maak,
wonde van gees genees.
Mensekind waarom so blind, doof en stom
Sien! Die Kind se liefde
Hoor! Wanneer Hy jou roep
Sing! Van liefde vir Hom
Ekstra maan, nes die ster vertel van Jesus.

23/12/2000

Kind van Vrede

Deur die oë van die Kind sien jy liefde
In ‘n hart van die Kind hoor jy die gedruis van vrolikheid
Kind se lag saai die warmte van menswees
Trane van die Kind spoel weg die seer.

Kind van Vrede
bring eenheid in harte van mense
Streel die pyn van menswees
Gemoedrus in verwarde gees
Sonskyn in donker gemoed
Blomtuin vol glimlagte
Onsteumige gees kyk in die oë van die Kind van vrede.

Geharde hart, verminkte gees, verwarde mens hou vas aan die hand
van die Kind van vrede.

Kind van Vrede, vir mensdom gegee.

17/11/2000

Related posts:

  1. Gedigte van Annarine Heyns
  2. Gedigte van Darius Nell
  3. Gedigte van Cherise Pawson
  4. Gedigte van Ansophie Van Wyk
  5. Gedigte van Bettie van der Bank

Bespreking

Een mening vir “Gedigte van Zareth-Bloem Stroebel”

  1. Zareth, dit is baie mooi gedigte. Die een opgedra aan Anton, Boesman en Jameson het my n knop in die keel gegee

    Geskryf deur Jannas | 20 Maart 2012, 14:28

Gee jou mening