// jy lees ...

Boeke

Groot Verseboek

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die voorlaaste uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk, die bloemlesing te hersien en aan te vul.

Dié uitgawe, Groot Verseboek 2000, het vyf drukke beleef en topverkoperlyste gehaal.
André P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook ‘n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was.

In dié hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse poësie. Groot Verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van ‘n nuwe tyd en ‘n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak.

Groot Verseboek 2008

Groot Verseboek 2008

Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poësie saamgestel is, gee ‘n indruk van die omvang én verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid én tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.

Self sê Brink: “Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my ‘n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele wonings.”

Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van ’n

Groot Verseboek deel 1

Groot Verseboek deel 1

avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van ’n digkuns, binne enkele dekades, vanuit ’n beskeie, naïewe, amper primitiewe begin tot ’n poësie wat hom nêrens in die wêreld hoef te skaam nie.

Groot Verseboek deel 2

Groot Verseboek deel 2

Die tweede deel van Groot Verseboek stel ’n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau – Ingrid Jonker – Wilma Stockenström – Antjie Krog … naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small – Peter Blum – Breyten Breytenbach …

Groot Verseboek deel 3

Groot Verseboek deel 3

In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poësie in ’n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in ’n hoogbloei van poësie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome – deel van ’n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

Koop / Buy Groot Verseboek 2008

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Ons groot Prentebybel
  2. Sonklong oor Afrika
  3. Die Francois Toerien Show – Die Groot 5!
  4. Groot Krokodil
  5. Die groot vraag

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site