Kieslys

Close


*/

29 Januarie
2017
Boeke Gedigte
846 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Multivers

Uit stof, ster, planete word daar poësie gemaak.

Die digter verken die geskape Univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hier is ’n poëtiese fisikus op sy allerbeste.

Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot ’n doktorsgraad in fisika geneem en ’n suksesvolle navorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk.

Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen.

Die fisika en kosmologie word vir hom ’n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie.

Hier is van die kragtigste gedigte in Afrikaans wat die leser as ’n gedagtegolf tref en met nuwe denke oor die poësie laat.

Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook ’n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef.

’n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie.

Hier is ’n bundel wat die grense van dig-denke roer en verbreed.

Multivers / Hennie Smith — Naledi, November 2016; sagteband. — ISBN 9780928316643

Multivers,
Bettie Blom,
29 Januarie 2016.

3




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke, Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
27 November 2010
Boeke, Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
08 November 2012
Boeke, Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
15 November 2005
Boeke, Gedigte
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Boeke, Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

bjornson stock
2017-04-29 04:13:26
Ek woon in die V.S. en wil Afrikaans leren. Wie kan 'n bietjie help ge????? ...
gentoonofb
2017-04-27 12:54:19
___123___Beelde in installasies | Roekeloos___123___...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:09:08
[…] loopbaan sluit in Christiaan Olwagen se Dogma, Die Rebellie van Lafras Verwey, Die Kersieb...

Advertensie