Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

Bloedklont

Raad Op van Plettenbergbaai skryf: "Wat help vir bloedklonte? Het dit gekry na my kuisersnee. My baba is al amper twee en dit is nou nog nie beter nie."

Antwoord: 'n Bloedklont is 'n stuk gestolde bloed wat 'n bloedvat verstop. Daar is verskeie opsies om te oorweeg wanneer jy 'n bloedklont wil behandel of laat verwyder. Jou liggaam kan self met tyd die bloedklont vernietig, maar soms is dit nodig om dit te laat doen weens potensiële skade. Die finale besluit moet geneem word saam met 'n dokter wat goed vertroud is met jou mediese geskiedenis.

Medikasie is een opsie. Normaalweg word medikasie gebruik wat jou bloed verdun. Dit verhoed dat die bloedklont groter raak of losbreek en in een van jou organe beland. Laasgenoemde kan jou dood veroorsaak.

In meer ernstige gevalle word 'n kateter in die aar gedruk en medikasie word direk aan die bloedklont toegedien. Hierdie tipe medikasie breek gewoonlik die klont dadelik op.

Daar is ook 'n klein metaalfilter wat geplaas kan word in die aar wat na jou hart toe gaan. Die filter vang alle bloedklonte, maar laat bloed normaal deur. Dit word na 'n tyd verwyder. Die filter word ingesit by 'n aar in jou been, nek of arm.

In baie ernstige gevalle sal 'n operasie nodig wees om 'n bloedklont te verwyder.




Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner