Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

BOERERAAT

Het jy ´n boereraat? Laat ons weet deur HIER te kliek.

Nuut

Swamme
Derek Botha: "Friar's Balsam werk goed vir enige swamaandoening op die vel. Dis ook goedkoop. Was ge-affekteerde area met warm water en seep, droog af en spons dan Friar's Balsam aan met 'n wattebolletjie. Los vir 10 minute en was af met warm seepwater. Herhaal 2 - 3 maal per dag."


A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

A

Aambeie
Moet je 1 lepel zout in een bak met warm water doen waar je net in kan zitten in dan gaat ie weg buinnen 4 dagen.

of

Meng 2 eetlepels suiker, 1 eetlepel Engelse sout, 2 eetlepels rabarber en 1 bottel brandewyn. Neem 3-maal op ´n dag ´n eetlepelvol.

of

Meng 1 eetlepel Engelse sout, 1 eetlepel rabarber, 1 teelepel salpeter en 2 bottels water. Kook alles saam tot daar een bottel oor is. Neem 3-maal op ´n dag ´n eetlepelvol.

of

Kook die sappige wortel van die slangvelplant in water of melk en drink elke dag ´n koppievol.

of

Sit op die toilet met 'n boksie vuurhoutjies. Steek vuurhoutjie aan en blaas dadelik dood. Druk dan onmiddelik op aambeie. Na die vierde keer trek aambeie self terug.

of

Druk 'n ysblokkie op in jou voor jy gaan slaap.

of

Smeer samboksalf aan jou aambeie.

of

Martin van Durbanville skryf :
" Ek is 43, manlik en vol aambeie. So sukkel ek al jare aan en is vrek bang vir 'n uitsnyery. Die gewone ou apteeksalfies help net so af en toe maar kos my net geld. Vriende het my op die spoor van 'n klipdagga salf gesit en sederdien het my aambeitjies die pad gevat. Julle sal my nie glo nie maar selfs na net een smeer is daar 'n merkwaardige beterskap. Ek mag seker nie 'n ander ou se produk adverteer nie maar ek is net 'n gebruiker wat nou beter lewenskwaliteit het. Glo my dit werk soos 'n bom. Selfs op hardgebakte aambeie soos myne!"

Aknee
Gaan na jou naaste apteek en vra hulle vir tissue salts, dit kos so tussen 18 en 20 rand. Kry nommer 3 of nommer 12, albei werk vir aknee, die ander nommers werk vir n verskeidenheid ander kwale.

Asem
Eet pietersielie vir stink asem.

Asma
Maak papajapitte droog en rook dit.

of

Meng 500g heuning, 1 bottletjie Paragorie, 1 botteltjie Turlington, 1 botteltjie Pepermentdruppels, 1 botteltjie Borsdruppels en 2 eetlepels asyn. Skud goed voor jy dit gebruik. Gebruik 2 keer per dag.

of

Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.





Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner