AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. EstrogeenMev. F skryf: "Ek is 'n vrou, 35 jaar oud, en wil net graag weet wat die simptome is van te min estrogeen. Ek het al lankal 'n probleem (soos 'n menopousale vrou) van 'n droogheid by my vagina en met my eerste swangerskap in 2001, het die ginekoloog vir my 'n salf voorgeskryf omdat my estrogeenvlak te laag was. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie. Tans moet ek KY jellie gebruik elke keer met gemeenskap. Dit is tog nie normaal nie, maar sonder die jellie, is dit baie pynlik. Ons woon ver van dokters en ginekoloë af en daarom sou ek graag net wou weet wat u dink my probleem kan veroorsaak. Ek vermoed nou maar die estrogeen, maar weet nie of dit dit is nie. Antwoord: Die mees algemene simptome van estrogeenvlakke wat afneem is warm gloede en nagsweet. Hoofpyn, duiseligheid, slaaploosheid en kalsiumverlies is ook simptome. Minder aangename simptome is inkontinensie en 'n droër vagina. Laasgenoemde twee kom voor wanneer jy reeds lank 'n lae estrogeenvlak het. Hartsiektes is 'n ernstige simptoom. Liza Nienaber skryf: "Ek wil weet hoe behandel hul 'n vrou as haar estrogeen hoog is en kan sy swanger raak, het dit 'n invloed" Antwoord: Die spesifieke behandeling sal afhang van die oorsaak van jou hoë estrogeenvlak, m.a.w. is dit veroorsaak deur byvoorbeeld voorbehoedmiddels of is dit bloot jou natuurlike vlak wat te hoog is. Jy sal waarskynlik medikasie ontvang in tabletvorm. |
Gesondheidsgids |