AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. Baba se eetgewoontesOuma vra: "Kan 3 mnde baba suurlemoensap in water drink?" Antwoord: Die ideaal is om nie vir baba skoon water (of met suurlemoensap) te gee voor ses maande nie. Na ses maande kan jy water gee en dit liggies geur met vars suurlemoensap. Indien baba voor daai ouderdom hou van water bespreek dit eers met jou dokter voor jy gereeld water gee. Te veel water vir so 'n klein dingetjie kan inmeng met die opname van voedingstowwe in die borsmelk / bottel. In uitsonderlike gevalle kan dit selfs stuiptrekkings veroorsaak. Indien jou dogter borsvoed het baba geen ander vorm van vloeistof nodig nie. Lorraine de Beer skryf: "Ons het 'n multi racial baba aangeneem maar is nie 100% voorbereid op al die verskille nie as daar ooit regtig is nie. Verder was die mama op drugs: Heroine gerook en Cocaine gebruik deur die swangerskap Hy is 3.2kg met geboorte gewees weeg nou na 7 weke 6.8 kg die kliniek is bekommerd oor hy so vinnig "vet" word hy slaap nie goed nie en is asmaties (borsie trek toe) hy het baie slym en ook 'n nasale drup in sy keeltjie. Wat kan ek doen hom gemakliker te kry met die toe neusie en benoude borsie. Ons woon op 'n plaas baie stof en rook nie in sy kamer of by hom nie. Hy drink nou Infacure 150ml elke 4 ure waar hy altyd Nan 175ml elke 3 ure gedrink het is honger tussen in. Wat kan ek gee wat hom nie vet maak nie wanneer hy huilerig is na 3 ure. Help asb met raad hy is die pragtigste babatjie stroopsoet My jongste baba is nou 24jaar oud so ouma weet nie veel meer alles nie Ek gebruik graag natuurlike produkte as u van iets weet wat kan help Baie dankie vir u raad ek waardeer dit baie (bietjie moedeloos van die min slaap)" Antwoord: Die baie slym, gepaardgaande drup en toe borsie is waarskynlik die werk van een of ander allergeen. Stof staan hier voor in die ry. Maak maar seker as sy klere en kombersies word gereeld in warm water gewas en dat sy omgewing vry is van alles wat moontlik 'n oorsaak kan wees. Let ook op na preserveermiddels in medikasie en voeding, die groot sondebokke hier is die bensoate. Ironies genoeg is sodium bensoaat die preserveermiddel in baie hoesmedikasie. Monica Nagy skryf: Antwoord: Oor die algemeen wil 'n baba gereeld eet. Dit verskil natuurlik van baba tot baba maar hy moet eet wanneer hy wil. Dit is nie goed om voedsel van 'n baba te weerhou nie. Op ses maande eet 'n baba omtrent 4 keer per dag, maar dit mag verskil van baba tot baba. Die dokter behoort jou in te lig wanneer die baba te vet is. |
Gesondheidsgids |