Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

Buisswangerskap / Ektopiese swangerskap

L skryf: "Ek wil weet my baarmoeder is verwyder, maar is daar 'n moontlikheid om 'n baba in jou eierstokke te verwek en dra?"

Antwoord:
Nee, dit is lewensgevaarlik.


Lelanie skryf: "Hoe vinnig kan 'n ginekoloog optel of dit 'n buis swangerskap is?

Antwoord:
Terwyl dit tydens jou swangerskap raakgesien sal word kom dit selde by daardie punt. Jy sal voor dit simptome toon en jou ginekoloog se daaropvolgende ondersoek sal dit as 'n buisswangerskap diagnoseer. Indien jy vantevore 'n buisswangerskap gehad het moet jou ginekoloog hiervan weet, sodat hy / sy die situasie kan monitor. Simptome waarvoor jy op die uitkyk moet wees sluit in:

  • Maagpyn of pyn in jou pelvis
  • Vaginale bloeding wat nie menstruasie is nie
  • Lighoofdigheid
  • Lae bloeddruk tydens vaginale bloeding

Jou ginekoloog sal jou dadelik wil ondersoek indien jy die bogenoemde simptome toon. Let egter daarop dat die simptome ook ander oorsake kan hê.


Vera skryf:
"Gister was ek by my ginekoloog. Hy't vir my gesê dat ek dalk 'n buisswangerskap het. Hoe gebeur dit? Hoe voorkom mens dit? Wat gebeur van hier af?"

Antwoord:
Tydens 'n buisswangerskap plant die bevrugte eiersel buite die uterus in, gewoonlik in die fallopiaanse buise. Die oorsaak hiervan is nie bekend nie. Die toestand moet betyds gediagnoseer word omdat die buise kan bars en jy dan in lewensgevaar kan wees. Daar is nie genoeg spasie in die fallopiaanse buise vir 'n baba om te ontwikkel nie.





Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner