AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. OefeningSonjaw skryf: "Dankie vir al die raad wat 'n mens altyd hier kan kry. Ek wil vra of julle vir my 'n paar oefeninge kan aanbeveel. Ek het 9 jaar terug my eerste kind gekry en presies 6 maande daarna 'n historektomie. Ek het redlike groot probleme gahad. So ongeveer twee en 'n halwe jaar terug het ek weer my lewe begin terugkry. Nou hang daar so 'n ekstra rolletjie. Nog gevoelig maar ok. Wat se oefeninge kan 'n mens doen?" Antwoord: Almal (wat nie gereeld oefening doen nie) kry een of ander tyd 'n ou rolletjie of vyf. Die beste oefening vir almal van ons en ons harte is kardiovaskulêre oefening. Enige oefening wat jou hart lekker aan die klop sit. Rene O'Ehley skryf: "Ek is nou maar aan die begin van my swangerskap, maar ek wil graag weet wat se oefening mag jy doen of moet jy eerder vermy wanneer jy swanger is?" Antwoord: Oefening is goed vir jou tydens swangerskap. Solank dit natuurlik die regte tipe oefening is. Neem ook kennis dat jy nie met oefening moet begin VOOR jy nie jou dokter se toestemming het nie. Maak seker jy neem genoeg vloeistof voor en na jou oefening. Hou die oefening maar lig vir die eerste 12 weke. Jy moet in elke geval nooit ernstig uitputtende oefening tydens swangerskap doen nie. Jou hartklop moet minder as 120 slae per minuut bly. Indien jy nie voor die swangerskap geoefen het nie, moet jy dit ook lig hou. Moet ook nie oefening doen waar jy jou asem moet ophou nie. Aan die einde van elke oefensessie moet jy baie goed strek. |
Gesondheidsgids |