AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. GordelroosLee skryf: "Dit is al die derde keer wat ek met Gordelroos gediagnoseer is, die eerste keer verlede jaar en nou al twee keer die jaar, in die verloop van 3 maande! Ek is raadop, ek is nou 29, het nog nooit koorsblare gekry nie, en nou wil dit blyk dat hierdie virus nie uit my sisteem wil gaan nie. Die pille is duur en die behandeling daarvan neem lank. Is daar nie tog een of ander "immuun-booster" wat ek kan drink om dit te verhoed om uit te kom nie? Dit is ook elke keer aan my een boud en die simptome voor dit uitkom is dieselfde: Dit voel of ek my stuitjie seergemaak het en ek is besonders moeg, dan kan ek maar weet dat ek die blaas die volgende dag sal opmerk. Asseblief gee raad!" Antwoord: Wanneer mens waterpokkies opdoen kan die virus in die senuwortel van die ruggraat beland en permanent dormant daar lê. Dit kan van tyd tot tyd aktief raak, veral wanneer jou immuunsisteem deur siekte of stres afgetakel is. Dit vorm gewoonlik so 'n blaas of groep blasies op die vel. Daar kan ook skerp steekpyne in die aangetaste area voorkom. Die teenvirusmiddel akiklovir kan die pyn en die aanval verlig. Verder is 'n gesonde, stresvrye lewenstyl jou beste medikasie. Oefening, reg eet en stresverligting moet vir jou 'n prioriteit wees. |
Gesondheidsgids |