AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. BOERERAATHet jy ´n boereraat? Laat ons weet deur HIER te kliek. A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z KKeelseer of Sit ´n warm, geswete kous se sool op die keel en draai die res van die kous om jou nek. of Gorrel met water waarin koeksoda opgelos is. of Meng 2 dele koeksoda en 1 deel sout. Meng 1 teelepel hiervan met ´n glas louwarm water en gorrel 3 keer per dag. Koors Koorsblare of Smeer ´n pasta van koeksoda en water aan. of Tik ´n bietjie vanielje geursel op die koorsblaar - probeer dit ´n paar keer gedurende die dag doen. Die koorsblaar verdwyn baie vinniger as wanneer duur koorsblaarsalf gebruik word. of Smeer gereeld 'n bietjie Fairsun-onstuwingsmiddel aan. Dit is goedkoop, by alle winkels beskikbaar en werk baie beter as ander duur middels. of Judi le Roux: "Vir uitwendige koorsblare, smeer oorwas (die was wat uit jou oor kom) aan, dit sal dit vinnig uitdroog." of Derek Botha: "Koorsblare is gewoonlik die gevolg van te min vitamien C, veral koorsblare in die mond. Spoel die mond met lekker vars lemoensap, ten minste 3 maal per dag. Sluk die lemoensap af om vitamien C in sisteem te kry. Jy kan ook skoon vitamien C poeier by die apteek kry en dit direk op die koorsblaar plaas, dit is egter baie pynvol. Krampe |
Gesondheidsgids |