AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. NierstenePhilippus van der Walt skryf: "Ek het nierstene gehad wat dr uitgehaal het. Ek het toe vir 'n week met pypies geloop. Ek is 'n 43-jarige man. Ek het nou vir 3 weke al infeksie. Is dit normaal en my sy pyn nog." Antwoord : Pyn na so 'n operasie is nie ongewoon nie en gaan normaalweg na 'n paar weke weg. Enige infeksie na so 'n operasie moet egter onder die wakende oog van jou dokter bly. Dit kan 'n hele paar weke neem om op te klaar na behandeling. Anoniem skryf: "My seun het kort kort nierstene. Van die stene is getoets en daar is bevind dat hy te veel kalsium in sy gestel het en dat dit die stene veroorsaak. Is daar iets wat hy kan gebruik om dit te voorkom of dalk oplos of dalk 'n dieet wat sal help? Hy het geweldig pyn en die dokters het slegs 'n waterpil voorgeskryf. Hy maak 'n punt daarvan om baie water te drink." Antwoord: Meeste nierstene bevat kalsium. Die probleme tree in by die manier wat sy liggaam kalsium absorbeer of die manier wat sy liggaam daarvan ontslae raak. Soms is dit die metaboliese stelsel wat jy by iemand erf wat dit veroorsaak, die spysverteringstelsel of dalk word dit veroorsaak deur medikasie. Boonop is daar heelwat geval waar nierstene meer as een oorsaak het. |
Gesondheidsgids |