AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. Swanger en oorgewigAnoniem skryf: "Ek en my man wil graag hierdie jaar met 'n gesin begin. Ek is 29 jaar oud en omtrent 35kg oorgewig. Sal ek kan swanger raak? Is dit gevaarlik vir die baba en my? Sal my baba gesond wees as ek nou swanger raak?" Antwoord: Meeste oorgewig vroue bring gesonde baba's die wêreld in. Onthou dit is nou belangrik dat jy gesond eet en bietjie oefening inkry ter wille van die kleinding. Bespreek dit met jou dokter. Hy / Sy sal kan raad gee indien jy moet ag slaan op jou bloeddruk of suiker. Hoë bloeddruk is die een wat die meeste voorkom by vroue wat te veel gewig dra. Pre-eklampsie kan as gevolg hiervan ontstaan. Oorgewig vroue is ook gemiddeld langer in kraam. |
Gesondheidsgids |