AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. PenisVanessa skryf: "My dogter het 'n week gelede mamma geword van 'n baba seuntjie. Ek het twee dogters groot gemaak en is dus heeltemal onkundig en wil graag raad vra oor hoe sy geslagsdeeltjie skoongemaak behoort te word? Wat is die moets en moenies? Is dit sommer ouvrou stories dat die velletjie kan vasgroei en moet mens daar peuter? Jou raad sal waardeer word." Antwoord: Moet glad nie daar peuter indien dit lyk asof die velletjie vassit nie! Dit is normaal vir die velletjie om vir nog lank daar vas te sit. Daardie velletjie moet nooit teruggeforseer word nie, dit sal vanself los raak soos hy ouer word! Meeste seuntjies s'n is los op twee jaar, maar dit kan ook eers op 5 jaar gebeur. Moet julle nie daaroor bekommer nie. |
Gesondheidsgids |