Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

BOERERAAT

Het jy ´n boereraat? Laat ons weet deur HIER te kliek.


A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

S

Sere, diep
Behandel met Geelkopiva.

Sere, rou
Sit aartappelskille op.

Sinusitis
Neem 1 teelepel versiersuiker, 1 teelepel koeksoda en 1 teelepel boraks, meng dit goed en snuif elke nou en dan ´n bietjie daarvan.

of

Trek koeksodawater op in die neus, snuit uit en herhaal ´n paar keer. Doen soggens en saans.

Skilfers
Vryf sagte varkvet in die kopvel.

Skurwe hakskene
Meng 1 botteltjie Vaselien, 1 botteltjie Friarsbalsem, 1 botteltjie Gliserien en 2 eetlepels babapoeier. Smeer aan na jy gebad het of nadat jou voete in warm water gehou is.

Skurwe hande

Vryf 1 teelepel suiker en 1 teelepel gliserien saam in hande tot die suiker opgelos is. Spoel af met water en wend handeroom aan.

en

Nicoleen Richards :
Vir skurwe hande of as jy klaar in die tuin gewerk het: gooi 'n bietjie suiker in die palm van jou hand en kookolie, soetolie of enige olie om 'n pasta te maak. Vryf die hande goed aan die binnekant en buitekant. Spoel af met warm water en smeer gewone handeroom aan.

Slapeloosheid
Eet uie.

of

Maak vinkeltee. Dit help vir slapeloosheid, winderigheid, hik en spysvertering.

Sooibrand
Eet ´n paar lepeltjies bruinsuiker. Ander mense glo ook dat jy so veel as moontlik water moet drink, dit hou glo die sooibrand weg.

of

Drink bietjie koeksoda opgelos in water.

of

Eet 'n mespunt koeksoda.

Spatare
Drink 5 druppels inwendige Luco Iodine op melk vir vyf dae. Slaan dan vyf dae oor en herhaal.

Speld sluk
Indien 'n kind 'n speld insluk gee jy hulle aartappels om te eet tot die speld weer sy verskyning maak. Die kind moet niks anders kry om te eet nie.

Spysvertering
Vars basielkruid help die liggaam om kos beter te verteer.

Stres
Drink 1 eetlepel olyfolie gemeng met ´n koppie warm melk net voor jy gaan slaap.

Suikersiekte
Kneus 2 lukwartblare en sit dit in ´n konfytfles. Vul die fles met kookwater en laat staan vir 24 uur. Drink elke dag so ´n fles uit.

Swamme
Derek Botha: "Friar's Balsam werk goed vir enige swamaandoening op die vel. Dis ook goedkoop. Was ge-affekteerde area met warm water en seep, droog af en spons dan Friar's Balsam aan met 'n wattebolletjie. Los vir 10 minute en was af met warm seepwater. Herhaal 2 - 3 maal per dag."

Sweervinger
Smeer met motor-ghries.





Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner