AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.comVrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word. SemenDP skryf: "Ek het die probleem nou al vir 2.5 jaar, Ek het bloed in my semen, Ek is nou 41 jaar oud . Ek het dit 2.5 jaar gelede ontdek toe ek en my vrou kondome gebruik het na my dogtertjie se geboorte. Ek was nou al by drie Uroloo en hulle kon my nie help nie, ek het kanker toetse onder gaan vir die prostaat en n pielogram en prostoskopie maar die uroloo kan nie sê wat presies die probleem is nie. Die eerste uroloog wil my prostaat verwyder, toe sê ek hy moet warm plek toe gaan, Ek het nou al n vasektomie laat die November laas jaar en ook al die toets maar daar was nie n antwoord nie. Weet jy dalk van soorgelyke probleme en of daar enige medikasie is wat voor gestel kan word, Die laaste uroloog reken dit is n aartjie wat in die prostaat bars wanneer ek kom. Ek hoop jy kan help." Antwoord : Die goeie nuus is dat, terwyl mens jou boeglam skrik, dit selde baie ernstig is. Die laaste uroloog is waarskynlik reg. In meeste gevalle is dit 'n aartjie wat beskadig is in die prostaat of urinebuis. In meeste gevalle los die probleem homself op. Langer as twee jaar klink egter bietjie lank.
Hoop bogenoemde was van hulp en dat julle die ding se gat sal skop. (Dankie aan Dokter C vir die antwoord! - red) |
Gesondheidsgids |