Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

Skarlakenkoors

JC skryf: "Ek wil net graag uitvind wat presies veroorsaak die koors, of dit aansteeklik is of nie en wat is die algemene naam in Engels."

Antwoord: Skarlakenkoors is 'n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur sekere vorms van die streptokokkus-bakterie. Die kiem kom die liggaam binne deur die keel en word versprei deur klein druppels wat in die lug vrygelaat word wanneer die besmette persoon praat, hoes of nies.
'n Rooi keel is die eerste simptoom van die siekte. Daarna volg koors, hewige hoofpyne, braking, 'n versnelde hartklop en die tong is oortrek met 'n wit aanpaksel. Onder hierdie aanpaksel is die tong vol rooi kolle. Daarna volg 'n rooierige uitslag wat in die nek begin. Dit word verder gevolg deur afskilfering van die vel waar die uitslag voorgekom het.
Die siekte kom hoofsaaklik voor in jong kinders en kan tot 3 weke aanhou. Dit kan ernstige hart, nier en gewrigsprobleme tot gevolg hê.




Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner