Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gesondheid

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Boererate.com

Vrae en opmerkings kan gestuur word na . Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal slegs in die Gesondheids-afdeling beantwoord word. Lesers moet geduldig wees, want daar kan net ´n sekere aantal vrae per week beantwoord word.

Slegte spysvertering

Letitia Strydom skryf: "Ek sukkel al vir 'n paar jaar met pyne in die bors. Dit begin met 'n branderige gevoel en dit pyn so erg dat ek in twee kan vou, partykeer is dit kort en dan verdwyn dit en kom terug, ander kere is dit 'n lang tydperk van pyn. Dit help partykeer as ek op my rug gaan lê en diep asem haal. Wat kan dit wees en hoe kan ek dit beter kry? Dit gebeur meer gereeld die afgelope kere en is erger as ek 'n groot maaltyd gehad het."

Antwoord: Ek sou voorstel jy gaan sien dadelik 'n dokter ingeval dit al meer as twee weke so aanhou. Omdat dit na groot maaltye voorkom kan dit slegte spysvertering (dispepsie) wees en mens moet maar die dokter gaan spreek indien dit meer as twee weke aanhou. Jy weet ook nie of dit weens 'n ander mediese toestand soos 'n breuk of maagseer, gastritis of esofagitis is nie.

Slegte spysvertering kom voor wanneer jy oorhaastig eet, ryk en vetterige kos eet, oorgewig is, aan stres ly of swanger is.

Van die algemene simptome is ongemak of krampe in die boonste deel van die maag en 'n drukkende brandgevoel in die bors.

Probeer jou maaltye kleiner hou. Rook, alkohol en koffie moet vermy word en mense met hoë stresvlakke moet daaraan aandag gee. Indien jy oorgewig is moet jy so gou as moontlik oefening kry en oorweeg om jou leefstyl te verander. Vermy vetterige kos!




Gesondheidsgids
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

BOERERAAT

MEDIESE WOORDEBOEK



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner