10 Jaar van Afrikaanse Grappe





10 Jaar van Afrikaanse Grappe is ook in ‘n gedrukte weergawe beskikbaar. Vra by jou naaste Exclusive Books.

Met die aantal grappe wat nader kruip aan die 1 000 kerf was die tyd ryp vir Roekeloos.co.za om lesers se bydraes in boekvorm uit te gee.

10 Jaar van Afrikaanse Grappe
10 Jaar van Afrikaanse Grappe

10 Jaar van Afrikaanse grappe bevat meer as 500 grappe wat hoofsaaklik vanaf die jaar 2000 tot 2010 by Roekeloos as bydraes gelewer is.

Die boek bied ’n oorsig van grappe wat gedurende hierdie tydperk gewild was en sluit ook enkele grappe in wat drie jaar vooraf, sedert die ontstaan van Roekeloos in 1997, ontvang is.

Daar is afsonderlike hoofstukke oor:

  • Blondines
  • Gatiep en Meraai
  • Jannie en Sannie
  • Kallie en Mike
  • Kroegstories
  • Koos van der Merwe

Die grappe verskyn min of meer in dieselfde vorm as wat dit ontvang is. Spelfoute is wel gekorrigeer en hier en daar moes die leesbaarheid verbeter word.

10 Jaar van Afrikaanse grappe is ’n mengsel van goue oues, floues en ’n paar oorspronklike bydraes wat nog slegs by Roekeloos verskyn het.

10 Jaar van Afrikaanse Grappe is ook in ‘n gedrukte weergawe beskikbaar. Vra by jou naaste Exclusive Books.

Die boek is beskikbaar in sagteband en as ’n eBook. Laasgenoemde is veral ’n handige formaat vir grapboeke. Die boek kan op ’n selfoon gelaai word en is handig vir die van ons wat nooit ’n grappie kan onthou nie.

Die aflaaibare weergawe van die boek is in PDF formaat, maar indien jou foon of e-leser een van die enkeles is wat nie die formaat kan lees nie of sukkel om dit korrek te vertoon, kan jy dit altyd omskakel in ’n ander formaat.

Die laaste hoofstuk in die boek gee erkenning aan almal wat grappies bygedra het. Slegs diegene wat ʼn volle naam en van verskaf het saam met hul grappe kry erkenning in die lys. Die bydraes van die volgende persone is erken: Secilia Barnard, Jaco Botha, Kobus Burger, Stephanie Claire, Adriaan Conradie, Anell de Beer, Johan de Wet, Deon Diedericks, Zagrys du Plessis, Hannes Dumas, Wendell Eksteen, Herman Geustyn, Gert Heyns, Jan Karsten, Rian Kuyk, Madelie Liebetrau, Nan Lodveteig, Johan Lotter, Elbie Muller, Johan Nel, Lelanie Nieuwoudt, Lut Peters, Joy Pretorius, Hanz Schreuder, Zandre Theunissen, Johan van der Vyver en Quintus van Rensburg.

10 Jaar van Afrikaanse Grappe is ook in ‘n gedrukte weergawe beskikbaar. Vra by jou naaste Exclusive Books.

Samesteller: Quintus van Rensburg
Kategorie: Humor
ISBN (gedrukte weergawe): 9780620492454
ISBN (download): 9780620492881
Prys: R 88.00
Formaat (gedrukte weergawe): Sagteband, 150pp
Formaat (download): PDF (DRM Free)
Uitgewer: QVRP





Vir nog Afrikaanse grappe besoek ons grappe >>

… nog grappies op ons Facebook-blad >>

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Ek is ‘n student en ons dra die gedig wat deur Anell De Beer geskryf is REUNIE ek wil net die volgende week oor haar aangesien ons punte kry vir navorsing.

    Hoe oud is Anell de Beer? Waar het sy studeer? Asook wat het haar geinspireer om te skryf?

  2. Ek is ‘n student en ons dra die gedig wat deur Anell De Beer geskryf is REUNIE ek wil net asb die volgende weet oor haar aangesein ons ounte kry vir navorsing.

    Hoe oud is Anell de Beer? Waar het sy studeer? Asook wat het haar geinspireer om te skryf?

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar