`n Jong vrou in ‘n minirokkie wat knap om haar heupies span, probeer op ‘n dag in ‘n bus klim. Tot haar verleentheid sit die rokkie so knap dat sy nie haar been gelig kry om dit op die eerste trappie van die bus te sit nie.
Effens verleë glimlag sy vir die busbestuurder, reik na agter en trek die ritssluiter effens af.
Met die tweede probeerslag faal sy ook en weer gly haar hand na agter om die ritssluiter verder af te trek terwyl sy al hoe meer bloos.
Haar derde poging misluk ook jammerlik. Die rokkie sit steeds te styf.
Sy trek die ritssluiter verder af, maar voordat sy haar been kan lig om op te klim, vat ‘n fris Wes-Transvaler,
wat agter haar in die ry staan, haar om die middel en sit haar moeiteloos binne-in die bus neer …
Vererg draai sy om en gluur die man aan en sê “Meneer, ons ken mekaar nie eens nie; hoe durf jy so aan my vat!”
“Nee juffie, ek sou andersins met jou saamgestem het, maar nadat jy my gulp al vier keer afgetrek het, het ek gemeen ons ken mekaar seker al goed genoeg!”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.