// jy lees ...

Grappe

Die Hoenderboer

Die boer stuur sy seun mark toe met ‘n krat hoenders. Net toe hy die stad inry gly die krat van die bakkie af, breek oop en die hoenders hol die wêreld vol.

Die seun hou dadelik stil, druk die krat weer aanmekaar en begin hoenders soek. Hy loop woonbuurte plat om sy vrag hoenders bymekaar te maak. Net voor toemaaktyd kom hy by die mark en verkoop sy hoenders.

Terug by die huis oorhandig hy die geld aan sy pa, maar vertel hom niks van die ongelukkie nie.

“Ek moet jou meer mark toe stuur” sê die boer “Jy is hier weg met 24 hoenders, maar het wragtig 52 verkoop aan die manne by die mark.”

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Koos, die hoenderboer
  2. Kalf
  3. Escort
  4. Gekke koeien ziekte
  5. Trein

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site