// jy lees ...

Grappe

Die Partytjie

Koos was gatvol vir Suid-Afrika; die misdaad; sy werk in die polisie; die verkeer in Johannesburg; al die mense net waar jy kyk.

Hy bedank sy werk en emigreer na Kanada. Die noorde van Kanada, daar waar jy selde ‘n mens sien, ‘n plek sonder misdaad, sonder verkeer, sonder geraas, uiteindelik stilte.

Koos vang vis in die ys. Verder eet hy van die ton biltong wat sy polisiepensioen gekoop het, nou en dan gevriesde groente. Een maal per maand skiet hy ‘n takbok vir ‘n braai. Hy maak sy eie takbokwors en pos pakkies wors vir sy bejaarde moeder in Suid-Afrika.

Koos is gelukkig, sy enigste kontak met die buitewêreld is die klipstapel waar hy sy pos laat en afhaal. Na ‘n jaar in die koue yslandskap begin hy egter verlang na bietjie geselskap, dalk net iemand om “hallo” voor te sê. Nog elf maande verloop en Koos begin voel hoe die mure van sy houthuis op hom druk. Dis amper Kersfees en nou verlang hy erg na iemand wat hy nie ken nie.

12 dae voor Kersfees is daar ‘n klop aan sy deur. Met bewende hande maak Koos die deur oop. Voor hom staan die grootste eskimo wat Koos al ooit in sy lewe gesien het. Dit was nou wel die eerste eskimo wat Koos sien, maar nogtans was dié groter as enige Blou Bul slot wat hy al ooit op Loftus gesien het.

“Goeie dag” sê die harige man.
“Dagsê” antwoord ‘n opgewonde Koos.
“Ek is jou buurman.” sê die eskimo. “Het iemand jou al kom welkom heet in ons midde?” vra hy.
“Nee” antwoord Koos, nou meer opgewonde.
“Welkom dan” sê die eskimo “en laat ek jou dan sommer uitnooi na ons jaarlikse Kerspartytjie.”
“‘n Partytjie!” ontplof Koos, terwyl sy tone begin omkrul.
“Ja,” antwoord die eskimo “maar ek moet jou waarsku, dis nie vir almal nie.”

eskimo“Nie almal kan die potte vol vleis hanteer wat ons eet by die partytjie nie.” sê die harige vent.
“Dis mos my kos daai.” antwoord Koos vinnig.
“Die musiek is verskriklik hard.” sê die eskimo.
“Net soos ek daarvan hou.” glimlag Koos.
“Die drank gaan vloei.” sê die eskimo ernstig.
“Dit moet!” gil Koos half histeries.
“Daar gaan waarskynlik ‘n bakleiery wees.” sê die eskimo terwyl hy sy bors uitstoot.
“Ek was in die polisie.” sê Koos en knipoog.
“Daar gaan seks wees.” sê die eskimo.
“Nou praat jy my taal.” sê Koos en knipoog weer.

“Sien jou Vrydag, by die iglo 54 km wes van hier, bring jou eie glas, ys is op die huis.” sê die eskimo en loop weg.

“Hokaai!” roep Koos agterna “Wat trek mens aan na die party?”

“Ag, maak nie saak nie” antwoord die harige reus “dis net die twee van ons.”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Jag
  2. Die vriendelike stad
  3. Maskerbal
  4. My vrou is so groot …
  5. ‘n Ruiltransaksie

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site