// jy lees ...

Grappe

Drink en bestuur

’n Verkeersman stop Koos na ’n sokkerwedstryd.
Een kyk bevestig dat Koos aangeklam is.

“Meneer” vra die verkeersman, “het u gedrink?”
“Nee konsjtabel!” antwoord Koos.

“Klim asseblief uit u motor, hou u arms uitgestrek voor u en staan op een been.” beveel die verkeersman
“Reg so kontstabel, ek ken daai truuk.” sê Koos.
Koos val uit sy motor en doen sy bes om op een been te staan, maar sonder sukses.

“Sal u omgee om op die wit lyn te loop?” sê vra die verkeersman.
“OEE ee, ’n uitdaging.” giggel Koos.
Koos probeer hard, maar hy kry nie eens een voet op die wit lyn nie.

“Meneer, ek is oortuig daarvan dat u gedrink is.” Die verkeersman is nou kwaad. “Is daar iets wat u wil sê wat my sal oortuig om u nie te laat toesluit nie.”
“Konstafel” sê Koos ernstig “laat ons nou maar eerlik wees. Ek was by die sokker. My span het verloor. Ek hét gevoel ek is lus vir so ietsie drink, maar ek is ’n man wat weet drink en bestuur is teen die wet. “

“Konstabel, toe besluit hierdie wetsgehoorsame man, omdat ek nie nou kan drink nie, SUIP ek maar!”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

drink en bestuur

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Dís drink en bestuur
  2. Ek gaan nooit weer drink nie
  3. Suid-Afrikaners drink minder
  4. Die geheim van oud word
  5. Jag

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site