Kieslys

Close


*/

05 November
2015
Grappe
230 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Hoe sê mens dit in Engels

Die Vrystaatse oom en tannie draai by hul plaas se hek in toe hulle die Engelsmannetjie daar sien staan.

“Ag, laat die mannetjie maar daar by die huis kom slaap pappa.” Sê die tannie. “Hier gaan hy mos dood vries.”
“Nee reg mamma.” Stem die oom onwillig in en hy laai die mannetjie op die bakkie. By die huis kry hy koffie en plek op die rusbank op die stoep.

Hulle is nie lank in die bed nie of die tannie sê droewig: “Ai pappa, dis darem ekstra koud vannag. Ek is so bang vir die Engelsmannetjie se part. Miskien moet hy maar hier tussen ons twee kom lê in die katel.”
“Nee reg mamma.” Stem die oom weer onwillig in en gaan haal die Engelsmannetjie op die stoep en maak hom lê tussen hulle.

In die middel van die nag skrik die oom wakker en voel-voel hier agter sy rug vir die Engelsmannetjie, maar hy kry net laken. “Mamma? Waar is die Engelsman?”
“Hy lê hier bo-op my pappa.” Antwoord die tannie kort van asem.
“Nou sê die dôner moet afklim!” Bulder die oom.

“Ag, pappa.” Antwoord die tannie tevrede. “Ek het so bietjie vergeet hoe mens dit in Engels sê.”



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Grappe
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Grappe
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Grappe
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
15 November 2005
Grappe
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Grappe
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Lena
2017-09-19 15:25:50
‘n Kosbare verhaal in gedigte vasgelê. Besonders mooi....
Gedigte van Driekie Beetge | Roekeloos
2017-09-19 08:57:22
[…] Digters […]...
Hilda Smits bekroon met Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017 | Roekeloos
2017-09-14 13:30:29
[…] Van Hilda Smits se eerste gedigte het destyds by Roekeloos.co.za verskyn. Lees meer by Ged...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD