Kieslys

Close


*/

30 Maart
2008
Grappe
1094 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Kaal

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Die staaltjie het hom jare gelede op ‘n plattelandse dorpie af gespeel.
Die oom en tannie se kinders was al uit die huis en die twee besluit om ‘n loseerder in te kry om die stilte in die huis te verlig. Hulle dink aan ‘n jong juffroutjie wat by die plaaslike skool skoolhou. Die tannie maak toe ‘n draaitjie by die skool en lig die sekretaresse in dat hulle ‘n losserder sal inneem indien daar ‘n navraag is. Nie jare nie of daar is n navraag van ‘n jong juffroutjie wat die volgende jaar begin skool hou.
Sy besoek die oom en tannie voor die skool begin en sy gee te kenne dat sy van hulle aanbod gebruik gaan maak. Die juffroutjie het sommer dadelik van die oom en tannie gehou.
Die eerste aand vra sy waar die badkamer is want sy sal graag wil bad want dit was ‘n lang en stowwerige reis. Die tannie sê toe dat hulle nie ‘n geyser in die huis het nie en sy vir haar op die stoof water moet warm maak. So gedoen en sy maak reg om te bad en vra die tannie om sommer by haar te sit as sy bad.
Terwyl hulle so gesels en sy bad merk die tannie op dat die juffroutjie kaal geskeer is op ‘n strategiese plek. Vra toe: “Juffrou dit het niks met my te doen nie maar hoekom skeer jy jouself so kaal.” “Sien tannie, met die sport wat ons beoefen en klere wat ons aantrek werk dit net beter.” Die aand vertel die tannie dit vir die oom. Die oom sê hy sal die affêre graag wil sien en vra of sy nie ‘n plan kanmaak nie. Besluit dat die tannie met die badwater gaan wag die volgende aand totdat die oom van die kerkraad vergadering af kom en dan sal sy die gordyn so ‘n entjie oop los.
Alles werk toe soos beplan en toe die tannie dink dat die oom terug is van die kerkraadsvergadering maak sy die badwater reg en sit weer saam met haar in die badkamer terwyl sy bad. Op ‘n stadium toe sy dink dit is die regte tyd vra die tannie of sy net weer na die kaal geskeerde affêre kan kyk. Die juffroutjie is ook nie links nie en wys vir die tannie.
Die juffroutjie vra toe op haar beurt of die affêre as mens ouer word ook grys word. Ja sê die tannie. Vra of sy kan sien. Die tannie is ook nie links nie tel die rok op en trek die panty af vir haar om te wys.
Later die aand na die bad sien die tannie die oom maar hy lyk dikbek. Vra toe, “Pa het jy dit toe gesien”. Hy antwoord: “Was dit nou nodig om jou ou koek vir die hele kerkraad te wys”.

en

Jannie en sy maatjie, Bienkie, (albei 6 jaar oud) speel op die plaas in die Kalahari. Toe hulle naby die grensdraad kom, sien hulle ‘n groot BMW stop ‘n ent weg aan die ander kant van die grensdraad onder ‘n groot boom. Jannie en Bienkie hou die BMW dop, maar niemand klim uit nie.
Na tien minute sê Jannie vir Bienkie: “Ek het nog nooit ‘n BMW gesien nie. Kom ons sluip nader en gaan kyk hoe dit lyk.” Versigtig klim hulle deur die grensdraad en sluip nader. Toe hulle naby kom, sien hulle dat hulle albei te klein is om by die venster in te loer.
Jannie sê vir Bienkie: “Buk af dan staan ek op jou rug, dan sal ek mooi kan sien wat binne aangaan.”
Bienkie stem in, buk af en Jannie klim op haar rug. Toe hy binne-in kyk, rek sy oe groot en hy spring af.
Bienkie vra hom: “Wat is dit nou?”
Jannie se vir haar: “Ja wragtag, dis NES my pa gesê het. Hulle is kaalgat, maar ‘n BMW moet hulle ry!”



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Grappe
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Grappe
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Grappe
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Grappe
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Grappe
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:37:03
[…] TEATERONTWERP: Jaco Bouwer – Liewer: Stel Marthinus Basson – Die koninkryk van...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:45
[…] AKTRISE: Anna-Mart van der Merwe – Liewer Antoinette Kellermann – Asem Illse R...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:29
[…] AKTEUR: Albert Pretorius – Wild De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap Pa...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.