Koos se vrou is in die kombuis besig met ontbyt toe sy hom hoor rondskarrel in die sitkamer.
“Wat gaan aan Koos?” gil sy.
“Waar is die koerant?” gil Koos terug.
“Koos, dis tyd dat jy bykom! Gebruik die iPad man!”
“Waarvoor wil mens nog deesdae nuus lees uit ‘n koerant?” wonder sy by haarself.
Skielik is daar ‘n helse slag in die sitkamer.
“Wat gaan aan Koos?” gil sy.
“Daai spinnekop weet nie wat hom getref het nie!” gil Koos terug.
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
Koop 10 Jaar van Afrikaanse Grappe (DRM Free E-boek beskikbaar) >>
>>



Bespreking
Geen kommentaar vir “Koos gebruik die iPad”