Koos het bevordering gekry by die werk, maar dit beteken hulle moet Ceres toe trek.
By sy afskeidspartytjie vertel iemand vir hom ‘n vreemde ding. Die persoon sê Ceres is bekend vir al sy swingers. Koos het al baie vreemde dinge in sy lewe gehoor, so hy is nie té verbaas nie.
Koos en sy vrou vind Ceres heel aangenaam. Dit is ‘n pragtige dorpie met vriendelike mense. Dit knaag egter in Koos se agterkop, “Waar is die swingers?” Tot hy by ‘n geselligheid die geleentheid kry om ‘n kêrel daaroor uit te vra. “Ja,” fluister die man, “die dorp is vol van hulle. Jy moet oom Piet by die garage daaroor vra.”
Toe Koos oom Piet weer sien vra hy hom uit oor die swingers. Al wat oom Piet sê is dat die volgende partytjie Saterdag is by so en so se huis.
Vir Koos het die partytjie gelyk soos ‘n gewone braai. Hy was besig om sy volgende dop te gooi toe so ‘n vriendelike kêreltjie met hom begin praat. Koos dink by homself dat hy nog nooit ‘n man gesien het met soveel juweliersware nie; maar hy wat Koos is, het al vreemder dinge gesien.
“So watter kant toe swing jy skattie?” vra die man.
“Ag, dit maak nie regtig saak nie” grap Koos, “dit hang maar af van hoe die swing staan.”
“Regtig, jy lyk nogal nie na die tipe nie! Hoe voel jy oor my kant toe swing.”
“Wel,” sê Koos, “as jy iemand soek om jou te stoot help ek graag.”
“Kom dan saam!” sê die man met ‘n groot glimlag.
Koos se vrou het by die vuur gestaan en gesels met ‘n groot groep mans. Sy was baie beïndruk deur hoe vriendelik almal is. Die bordjie wat in haar hand was, het vir ‘n oomblik in die lug gehang nadat Koos met die spoed van wit lig daar verby is en haar aan die arm saamgetrek het.
“Wat gaan aan Koos?” vra sy benoud nadat hy haar in die kar geprop het.
“Die dôners het vir ons gelieg!” skree Koos terwyl hy die deure se knoppies indruk. “Daar is nie ‘n fokken swing op dié erf nie!” Ek sê nou vir jou, hier gaan ons aan die pen ry!”
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
♦♦♦
Koop / Buy 10 Jaar van Afrikaanse Grappe … (e-Boek PDF, DRM Free)
q



Bespreking
Geen kommentaar vir “Koos trek Ceres toe”