Kieslys

Close


*/

20 Julie
2017
Grappe
2000 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

’n Goeie meisie

Die gebrek aan reën het die boere in die Wes-Kaap erg geknou daai jaar. Plaaswerkers het honger gely en sommige boere kon nie anders as om te verkoop nie.

Een boer van Moorreesburg was op die punt om alles te verloor toe die oudste van sy ses dogters sê hulle moet geld bymekaarsit vir ’n treinkaartjie Johannesburg toe. Sy sal gaan werk soek en dalk genoeg kan afknyp om te help betaal aan die plaas se skuld.

’n Paar maande het verloop sonder taal of tyding van haar. Die dag voor die balju gereedskap wou opskryf daag sy op. Uitgevat in die jongste modes in ’n bloedrooi sportmotor arriveer sy op die plaas. Eerste ding haal sy ’n dik tol note uit vir pa, genoeg om die plaas te red.

“Ek hoop jy was ’n goeie meisie daar in die groot stad.” sê -vra pa.

“Pappa,” sê sy, “om ’n goeie geldjie te verdien in die groot stad moet ’n meisie goed wees.”



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Grappe
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Grappe
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Grappe
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Grappe
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
07 Januarie 2009
Grappe
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.

Onlangse kommentaar

Gedigte van Evanthe Schurink | Roekeloos
2018-08-17 08:25:02
[…] Digters […]...
Die kykNET-Rapport Boekpryse 2018 kortlyste | Roekeloos
2018-08-14 12:05:32
[…] spoel, SJ Naudé (Umuzi)Die wêreld van Charlie Oeng, Etienne van Heerden (Tafe...
Susan Visser
2018-08-07 11:09:00
In 2012 het RSG 3 CD's uitgegee met "Die Gewildste Afrikaanse Gedigte" . My stiefpa (85) het die kl...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.