As mens na die openingseremonie van vanjaar se Olimpiese Spele kyk, moet mens eerlik wees oor een ding.
Daar was al mooier Bond-meisies!
♦♦♦
Die Olimpiese beheerliggaam het ag pluimbalspelers uit die Spele geskop, omdat hulle nie regtig hard probeer het nie.
Dalk dubbele standaarde? Die hele Australiese span is dan nog daar!
♦♦♦
Die Franse span by die spele het glo ‘n bobaas groep ruiters gehad. Daar was net een probleem.
Hulle het die perde geëet.
Die Britse ruiters het egter bewys dat jy ‘n goue medalje kan wen deur harde werk, deursettingsvermoë en toewyding … en ‘n pappa wat vir jou ‘n perd kan koop.
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
♦♦♦
Koop / Buy 10 Jaar van Afrikaanse Grappe … (e-Boek PDF, DRM Free)



Bespreking
Geen kommentaar vir “Olimpiese grappies”