Oupa en Ouma

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Ouma gaan drankwinkel toe om Brandy vir haar vrugtekoek te koop.
Ouma: “Gee my ´n half-jack Brandy seblief.”
Seun: “Ouma is cool.”
Ouma: “Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek.
Seun: Hel, ouma is flippen cool!

Ouma het kom kuier vir die naweek. Toe ouma die oggend gaan stort, is die kleinding ook in die badkamer om met ouma te gesels. Die volgende oomblik kom sy met ‘n spoed uit die badkamer gehardloop en skree: “Mamma, mamma kom kyk!”.
Mamma het badkamer toe gehardloop. Toe ons daar kom sit ouma op die toilet en aantrek. Sy wys na haar ouma en sê opgewonde: “Mamma, kyk net ouma se groot tietiebottels”.

Oupa sit op die stoep sonder sy broek. Ouma vra verbaas: “Hoekom sit jy sonder `n broek?”
Oupa: “Gister het ek sonder `n hemp gesit, toe kry ek `n stywe nek!”

Oupa: “Ek het my ID verloor en moes my grys borshare wys om my old age pension te kon trek”
Ouma: “As jy jou broek afgetrek het kon jy disability pension ook gekry het!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar