Kieslys

Close


*/

13 Januarie
2017
Grappe
802 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Wat sien jy?

Jors en Koos gaan kamp in Mosselbaai.

Soos dit die gebruik is drink die twee hulle saans kapoet. Dis een van dié aande wat Koos wakker word en Jors dadelik wakker skud. “Kyk op Jors!” sê hy “Wat sien jy?”

“Ek sien miljoene sterre Koos.”
“En wat kan jy daarvan aflei?”
Jors dink vir ’n oomblik en toe sê hy: “Wel, uit ’n wetenskaplike oogpunt kan ek vir jou sê ons sien seker miljoene sterre en biljoene planete. Ek sien my sterreteken, die Leeu sit hoog. So ek kan aflei dis nou middernag. Dit lyk my ook asof ons ’n mooi dag gaan hê môre. As ’n godvresende man kan ek ook vir jou sê ek sien God is groot en almagtig en ons is klein en nietig. Wat sien jy Koos?”

“Jors, jou idioot! Iemand het ons tent gesteel!”



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Grappe
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Grappe
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Grappe
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Grappe
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Grappe
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:37:03
[…] TEATERONTWERP: Jaco Bouwer – Liewer: Stel Marthinus Basson – Die koninkryk van...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:45
[…] AKTRISE: Anna-Mart van der Merwe – Liewer Antoinette Kellermann – Asem Illse R...
kykNET Fiëstas-toekennings 2018 | Roekeloos
2017-12-07 08:36:29
[…] AKTEUR: Albert Pretorius – Wild De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap Pa...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.