Suid-Afrikaners het vir die volgende paar maande die rare geleentheid om skilderye van klassieke meesters van nader te sien.
Die Standard Bank-galery in Johannesburg maak vandag die deure oop van die 20th Century masters: the human figure die vlagskip-uitstalling van The France – South Africa Seasons 2012 & 2013.
Die Franse regering en verskeie Franse sakereuse het werke van ou meesters, soos Manet, Renoir, Degas, Picasso en Matisse, na Suid-Afrika gebring vir die geleentheid.
Instellings wat werke geleen het vir die geleentheid sluit in Musée des Beaux-Arts de Lyon, Musée d’art contemporain de Lyon, Musée d’art moderne de Saint-Etienne Métropole en die Institut d’Art Contemporain Villeurbanne / Rhône Alpes.




Bespreking
Geen kommentaar vir “20th Century masters: the human figure”