Die vyfde Hermanus FynArts vind plaas vanaf 9 – 18 Junie. Die program bestaan uit ‘n wye verskeidenheid kuns wat die natuurskoon van ons kuslandskap beklemtoon.

FynArts het ’n belangrike fees geraak op die Suid-Afrikaanse kunskalender en Hermanus ’n juweel onder dorpe, wat die aanmoediging van kunstenaars betref.

Die FynArts-program is ’n mengsel van kunstefees en winterskool. Dit sluit iets vir almal in: uitstallings, musiek, gesprekke, demonstrasies, werkswinkels, proe, films, asook iets vir die kinders.

Ps. As mens iets mag uitsonder: Sculpture on the Cliffs – Echolocation. Dié uitstalling is op die voetpad langs die kus en in die ou hawe. Dit bly in plek vir een jaar, tot Junie 2018. Vanjaar se kurator is Lien Botha en dit sal werke insluit van Brahm van Zyl, Bronwen Clacherty, Emma Willemse, Hannelie Coetzee, Hasan & Husain Essop, Jaco Sieberhagen, Karen Press, Ledelle Moe, Raymond Smith, Richard John Forbes en Right Mukore.

(Sien ’n vorige uitstalling van Sculpture on the Cliffs 2015/2016)

FynArts Hermanus program

kuns: Willie Bester. foto: Marolize Southwood

Lewer kommentaar

Leave a Reply