Museum Night

Die laaste week van Februarie gaan ’n fees van kuns en kultuur wees in Kaapstad. (Sien ons Feesblad vir die volledige lys) Museum Night is een van die week se hoogtepunte.

Tydens Museum Night op 26 Februarie 2015 word die publiek uitgenooi om kuns, kultuur en geskiedenis in ’n heel nuwe konteks te aanskou. Vir die eerste keer in Suid-Afrika sal uitgesoekte museums in Kaapstad saans oop wees.

Hiermee saam gaan kunstenaars soos William Kentridge, Penny Siopis en Sue Williamson opwindende uitstallings by die museums aanbied.

Die museums is oop tot om 9 namiddag en toegang is gratis.

Museum Night
Museum Night

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar