Kieslys

Close


*/

12 Julie
2017
Kuns & Ontwerp
128 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Seven Stage Futures

Seven Stage Futures bestaan uit ’n reeks van drie gebeure wat deur plaaslike ‘agente-vir-verandering’ geskep is en gesetel is in die informele nedersettings in en rondom Bloemfontein/Mangaung.

Elke gebeurtenis speel af in ’n gemeenskapsgegronde “Meraka” (samekomsruimte) waar inwoners kennis, geput uit huidige en vorige generasies, met mekaar kan deel. Toeskouers sal aktief deelneem aan hierdie vierings en ook aangemoedig word om in ’n verskeidenheid kunsvorme en werksessies te leer. Dit sal die veranderinsagente se inspirerende reise tot ‘n nuwer, meer lewensvatbare en volhoubare toekoms weerspieël.

Elke gebeurtenis word geïnspireer deur die veranderingsagente se bemeestering van ’n vorm van ‘n plaasvervangings-konstruksie vir plakkershutte. Modder, bottels en bande asook verskeie soorte afvalprodukte sal gebruik word om werklik lewensvatbare en bekostigbare behuising te skep. Elke gebeurtenis word verder verhef deur ’n mobiele verhoog-cum-kunswerk wat van terrein na terrein beweeg.

Seven Stage Futures is bedink op uitnodinging deur die plaaslike NRO Qala Phelang Tala (Start Living Green!) wat vir meer as ’n dekade werksaam is in hierdie gemeenskappe, en betekenisvolle vertroue en verstandhoudingsbande in die gemeenskap gebou het.

Seven Stage Futures is die eerste uitkomste van die groter Re-Future projek. Die projek plaas kontemporêre kunstenaars binne internasionale ontwikkelings-scenarios, om sodoende te bepaal hoe hul kreatiewe vermoëns ten beste kan bydra tot positiewe sosiale en ekologiese ontwikkelingsuitkomstes. Die projek streef daarna om netwerke van ‘re-futuring’ te vestig regdeur die armste
informele nedersettings in die Vrystaat en is ’n navorsingsamewerking tussen die UV Sentrum vir Ontwikkelingsondersteuning, Qala Phelang Tala (Start Living Green!), Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO), en ’n span Suid-Afrikaanse ‘veranderingsagente’.

Die projek word ondersteun deur die Andrew W. Mellon-stigting, die Vlaamse Stigting en QUT Creative Lab Research Centre.

Hoofkunstenaar: Keith Armstrong
Fasiliteerder: Anita Venter
Projek koördineerder: Michael Sebesho
Agente-vir-verandering: Mokoena Maphalane, Ellen Maphalane, Mary Mofama, Velile Phantsi, Natascha Meisler
Kulturele ambassadeur: Thabang Mofokeng
Konstruksie: Adriaan du Plessis
Raadgewers: Angela de Jesus, Ricardo Peach, Heidi Morgan


Genre: Kuns
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: nvt
Kaartjies: Gratis
Plek: Caleb Motshabi, Erf/Stand 921; Caleb Motshabi, Ipopengstraat / Ipopeng Street; Roodewal, 129 Vleilaan / Vlei Avenue Bloemfontein
Datum: Caleb Motshabi, Erf/Stand 921 18 Jul 13:00 – 18:30; Caleb Motshabi, Ipopengstraat / Ipopeng Street 19 Jul 13:00 – 18:30; Roodewal, 129 Vleilaan / Vlei Avenue 22 Jul 10:00 – 18:30

Vrystaat Kunstefees 2017


Seven Stage Future


Seven Stage Future


3




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Kuns & Ontwerp
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Kuns & Ontwerp
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Kuns & Ontwerp
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
15 November 2005
Kuns & Ontwerp
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Kuns & Ontwerp
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Hedda | Roekeloos
2017-07-17 13:15:18
[…] Vukallective is verantwoordelik vir die bekroonde produksies Let’s Eat Hair (2015) e...
State Fracture | Roekeloos
2017-06-16 13:03:07
[…] span wat verantwoordelik was vir Pay Back the Curry is verantwoordelik vir State […]...
Gert vd Merwe
2017-06-08 09:28:55
JAN JACOBS. Dit is n skreiende skande. Geen mens op aarde kan in Marius Louw se voetspore volg nie, ...

Advertensie