Die maatskappy
Missie Roekeloos.co.za is ´n kanaal vir kommunikasie en dienslewering aan gebruikers. Inhoud, diens en handel word gekombineer om omvattende nuttige pakkette aan die kliënt te bied.
Roekeloos.co.za stel dit ten doel: - Om die geïdentifiseerde nismark wat Afrikaans magtig is in die aanlyn-media-omgewing te domineer.
- Om ´n sterk, lewendige aanlyn-gemeenskap te ontwikkel gesentreer rondom gebruikersbehoeftes.
- Om ´n persoonlike verwysingsraamwerk van inligting, vermaak en opvoeding vir die kliënt te wees wat ten alle tye toeganklik is waar kliënte ook al beweeg.
- Om as verspreider van inligting op te tree.
Die Roekeloos.co.za-handelsmerk kan deur die volgende woorde beskryf word:
Roekeloos.co.za teiken gegoede en gereelde aanlyn-verbruikers tussen 20 en 70 jaar.
Strategie
Roekeloos.co.za het ´n sterk volhoubare markposisie binne die Afrikaanse nismark in die aanlyn-media-omgewing. Die maatskappy gebruik sy inhoud, handelsmerk en verspreidingskanale om sake in ander markte uit te brei en nuwe sake te ontwikkel. Ons doelwitte is as volg:
- Om die Roekeloos-logo as ´n handelsmerk te vestig en sodoende ekstra inkomstekanale te skep om die handelsmerk.
- Om die jongste "open source"-tegnologie te gebruik.
- Om ons digitale intekenaars-databasis optimaal uit te brei.
- Geleenthede in e-handel te ontwikkel.
Geskiedenis
Roekeloos.co.za het in 1997 ontstaan as ´n stokperdjie. Weens aanvraag het die webwerf in die jaar 2000 ´n privaatmaatskappy geword.
Ons inhoud word ook hier gebruik:
Baba en Kleuter (tydskrif)
BCnet (elektronies)
Graaf Reinet Advertiser (koerant)
Moeder en Kleuter (tydskrif)
Ons Kontrei (koerant)
Ons Net (elektronies)
Ons Web (elektronies)
Suid-Afrikaanse Vroue Klub in Nederland (elektronies)
The Bargain Bulletin (tydskrif)
The Garden Route Property Finder (tydskrif)
The Mid-Month Bulletin (tydskrif)
ZaZu Internet (elektronies)
Kontak Enige navrae kan aan die uitgewer gerig word by
Handleiding vir toegang tot inligting
Roekeloos.co.za beskik oor en stoor die volgende inligting op 'n deurlopende basis. Hierdie inligting word onder geen omstandighede met 'n derde party gedeel nie tensy so 'n party suksesvol kan bewys dat die inligting nodig is vir die beskerming van 'n bepaalde geïdentifiseerde reg:
- E-pos-adresse van intekenare op die weeklikse nuusbrief Roekeloos op 'n Maandag
- Selfoonnommers van intekenare op die Sms-diens
- Die besonderhede soos verskaf deur intekenare van die onderskeie Forums, behalwe vir die persoon se wagwoord. Dit is in 'n gekodeerde formaat wat deur die verskaffers van die Forum-sagteware opgestel is en wat nie ontsyfer kan word nie.
- Die e-pos-adresse van bydraers in die Poësie-afdeling.
- Die e-pos-adresse van bydraers in die Verhale-afdeling.
Om enige inligting te bekom kan u 'n skrywe rig aan die inhoudsbestuurder by die onderstaande e-pos-adres of faksnommer. Meld asseblief duidelik watter inligting u verlang en waarom dit noodsaaklik is vir die beskerming van 'n bepaalde geïdentifiseerde reg. U moet ook redes verskaf waarom Roekeloos.co.za nie u versoek mag weier op gronde van Hoofstuk 4 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting.
Volledig: Manual for Roekeloos, Prepared in accordance with Section 51 of the Promotion of Access to Information Act of the Republic of South Africa, No 2 of 2000.
Roekeloos is 'n geregistreerde handelsmerk.
Kontakbesonderhede
Faks: 0866668575
E-pos: Roekeloos.co.za Redaksie:
Redaksie
[Anoniem] (Forum Administrateur)
Charmaine Fortune (Sport)
Carin Geerdts-Wiid (Taalversorging)
Petro van der Westhuizen (Kook)
Die Roekeloos.co.za-logo is ontwerp deur Dirk van der Merwe.
Die bladuitleg en -ontwerp is gedoen deur Quintus van Rensburg, Vitaly Friedman en Demetrius Francis.
Roekeloos.co.za word bestuur en uitgegee deur QVRP
![Validate my RSS feed [Valid RSS]](valid-rss.png)
|