AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
10 Vragmotors neem die plek van 20Fruit and Veg City, die grootste varsprodukte-kleinhandelaar in Suid-Afrika, met 'n jaarlikse omset van R2 miljaard, het 20 vragmotors wat vir plaaslike aflewering in Gauteng gebruik word, met 10 Hino 500 Series 15-258-vragdraers vervang om vervoerdoeltreffendheid in oorbevolkte verkeerstoestande te verbeter. Die 10 Hinos, wat verkoelde en toegeboude vragruime het, het die mengsel van 20 kleiner, oop vragmotors vervang. Die nuwe vragmotors het verlengde onderstelle en asse met aangeduide verhoogde dravermoë vir 'n loonvrag van 14,5 ton met die vrag wat deur 'n harde afdak en aantreklike kantgordyne met advertensies daarop bedek word. Elke vragmotor het 'n verskillende advertensie-boodskap. Die rompe is deur Anchor Auto Body Builders in Springs gebou en die vragmotors word deur Transfrig verkoel. Fruit and Veg City, wat in 1993 met een winkel in Kenilworth in Kaapstad begin het, bedien nou sy klante deur 'n landwye netwerk van 93 winkels, waarvan 66 as franchises bedryf word.
Fruit and Veg City het 'n vloot van 130 voertuie wat hoofsaaklik vir plaaslike aflewering gebruik word, aangesien die meeste van die langafstand-vervoer uitgekontrakteer is en franchise-houers hul eie vragmotors gebruik. Die vloot nuwe Hinos, wat deur Lydenburg Toyota verskaf is, is aan individuele winkels toegesê en doen twee of meer aflewerings per dag vir ses dae per week. Fruit and Veg City is teen R150 miljoen per jaar verreweg die grootste koper op die Johannesburgse varsproduktemark in City Deep. Die produkte wat gekoop word, word met 'n vurkhyser na die maatskappy se pakhuis van 8 000m2 geneem om geberg te word. 'n Nagskof laai die vragmotors en hulle vertrek soggens vyfuur van die pakhuis af. Die tweede aflewering van die dag vertrek sowat vier uur later. Elke vragmotor het sy eie, toegewyde bestuurder. "Ons is baie in ons noppies met ons nuwe Hino-vagmotors met hul aantreklike sypanele, wat deur BNV Marketing ontwerp is," het Mike Coppin, wat Fruit and Veg City saam met sy broer, Brian, gestig het, gesê. "Ek het hulle daaroor ingelig nadat ek iets soortgelyks in Australië gesien het, waar ons aanstaande maand ook ons eerste winkel daar open. Ons kyk na 'n soortgelyke vragmotorvervangingsprogram vir ons Kaapstadse bedrywighede volgende jaar, en beplan ook om in die toekoms nog Hinos vir ons vloot aan te skaf aangesien ons baie goeie diens gekry het uit die Hinos wat ons voorheen gebruik het." Piet van Wyk de Vries, die vise-president van Toyota Vragmotors, wat die oorhandiging van die nuwe Hinos by City Deep bygewoon het, het gesê hy is baie in sy skik met die feit dat 'n maatskappy met die entrepreneursinslag en bestuursvernuf van Fruit and Veg City besluit het om van hul ouer vragmotors met nuwe Hino 15-258-vragdraers te vervang. "Ons is nou besig om kwotasies voor te berei om 'n groter hap van hul vlootkoek te kry omdat ons glo die Hino se kombinasie van lae bedryfskoste en goeie betroubaarheid is uitgeknip vir hierdie soort gebruik." |
B D E F G H I K L M N O P R |