Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

4x4-Uitdaging

Spanne van 10 Afrika-lande is tans besig om dit uit te spook op 'n plaas naby Upington in 'n klipharde keuringsproses ter voorbereiding van die finaal van die 2006 4x4 Eco Challenge in die afgeleë dele van Mosambiek. In die finaal sal deelnemers hul 4x4-vaardighede moet kombineer met hul kennis van die natuur en respek vir die omgewing.

Die nuwe Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Fortuner se uitstekende vertoning in die semi-finale van die 2006 4x4 Eco Challenge in die rooi duine van die Kalahari in die Noord-Kaap het alle verwagtinge oortref.

Volgens Gerhard Groenewald, skepper van die 4x4 Eco Challenge, het Toyota se Fortuner almal verbaas met hul manhaftigheid in die diep sand, soveel so dat hulle die baan inderhaas moes aangepas om dit moeiliker te maak. "Ons het hoë verwagtinge gehad op grond van die Toyota Hilux dubbelkajuit se fenomenale vertoning in 2005, maar die nuwelinge is nog meer indrukwekkend."

Groenewald sê dat veral die Fortuner se beheerbaarheid en traksie het groot lof ontvang van die deelnemers waarvan meeste eienaars is van ander hndelsname.

2006 4x4 Eco ChallengeHierdie is die sesde 4x4 Eco Challenge. Die uitdaging is voorheen aangebied tussen die reuse sandduine van Namibië, in die suide van Angola, op die Liuwa-platoo in Zambië en in die Great Limpopo Transfrontier Park.

Vanjaar is die uitdaging die ongetemde strande van Mosambiek met die uitgestrekte binnelandse wildernis wat oortrek is met klein mere en reuse Baobab-woude.

Van die hoogtepunte vanjaar sluit is 'n dhow-resies na 'n klein eiland waar die deelnemers sal moet oornag. Die idee is om die plaaslike vissersgemeenskap te betrek by die avontuur met pryse vir die eienaars van die dhows. Deelnemers sal moet besluit of hulle wil gemaklik slaap en dus baie bagasie dra en of hulle wil lig reis om die resies oor die oseaan te wen.

Vooraanstaande omgewingsdeskundiges gaan die konvooi deur Mosambiek lei. Hulle is veral opgewonde oor die moontlike vondse wat hulle kan teëkom wat hulle meer sal leer oor die geskiedenis van Gondwanaland, die landmassa wat bestaan het lank voor kontinente van mekaar losgebreek het.

'n Wetenskaplike, Priscilla Swart, hoop om ekologiese bande te vind tussen Mosambiek en die naburige eiland van Madagaskar, met spesiale verwysing na die Baobab, aksias en aalwyne in beide die omgewings.

'n Herpetoloog, Marius Burger, se passie vir reptiele en amfibieë laat hom wonder of daar nie dalk nog 'n spesie of twee is in die omgewing van 350 vierkante kilometer wat wag vir ontdekking tydens die 4x4 Eco Challenge nie.

Volgens Burger is daar geen paaie na die areas waar hulle hul vanjaar in begeef nie en weens die oorlog en onrus het bioloë die land vir baie jare vermy. Hy sê dat om hierdie rede sal finaliste veral sensitief moet wees vir die omgewing.

Gerhard Groenewald glo die omgewing kan baie belangrik raak vir die Eko-toeris wat na 'n besondere ondervinding soek.

Deelnemers aan die semi-finale neem deel in 10 identiese Fortuner 3.0 D-4D modelle met logistiese ondersteuning van ses Hilux dubbelkajuit bakkies, almal met dieselenjins met brandstofinspuiting.

Die finaal is van 24 Augustus tot 7 September.

Besoek www.4x4ecochallenge.co.za vir meer inligting.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner