Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

AurisCity

In 'n opwindende deurbraak in digitale bemarking bied Toyota nou 'n promosionele webtuiste aan vir die maatskappy se nuwe Auris-luikrug. Die webtuiste verskaf 'n virtuele werklikheidsvoorskou van Toyota se nuwe passasiersmotormodel.

AurisCity is die digitale spil waar tegnologies ingeligte en suksesvolle mense op die web bymekaarkom. In die aanloop tot die bekendstelling van die nuwe Toyota Auris-luikrug sal AurisCity dié aanlyn-bestemming wees, en die plek waar al jou vrae oor hierdie opwindende nuwe Toyota beantwoord kan word.

Die virtuele wêreld van AurisCity spog met verskeie moderne, byderwetse lokale. In die Toonlokaal word al die eienskappe van die Auris volledig uiteengesit en besoekers kan ook vra dat hulle in kennis gestel word wanneer die prysbesonderhede bekend gemaak word. Die Kunsgalery in AurisCity se middestad is die plek vir die uitskieters. Hier kan hulle hulle verkyk aan die kunswerk wat geskep is deur Toyota se Europese ontwerpateljee, ED2.

Toyota AurisDie Auris-speletjie gee besoekers aan die webtuiste die geleentheid om die Auris deeglik te ervaar, want hulle kan hul eie Auris deur die strate van AurisCity bestuur. Die bestuurservaring begin by AurisCity se Lisensie-Afdeling, waar jy aanlyn registreer en 'n ID-foto inlaai voordat jy die strate van 'n stad wat nooit slaap nie, aandurf en gaan kuier by plekke soos die Drive In, die Auris Café, en die musiek- en elektroniese winkels. Op die rit deur die stad kan jy 'n ritboek byhou, wat jou toegang gee tot 'n kompetisie waarin jy een van verskeie pryse kan wen, onder meer 'n iPod en selfs 'n LCD-TV.

Die skepping van AurisCity verbreed die grense van lewenstyl en innovasie tot 'n elektroniese bemarkingsveldtog. Die virtuele wêreld van AurisCity word vervrolik deur karakters wat geskep is op sosiale netwerkwebtuistes soos MySpace, Facebook, YouTube en Flickr. Dit word gerugsteun deur 'n reeks "HIP CITY GUIDE"-e-Zines waarin die besienswaardighede, kultuur en styl van die stad aangedui word, en waar besoekers wenke kan kry oor die speletjies en die pryse wat gewen kan word.

Die virtuele karakters en die wêreld waarin hulle leef, word heel werklik in 'n Web 2.0-omgewing waar gebruikers nie net tuis voel nie, maar ook voel dat hulle deel is van iets werkliks. Ware virtuele werklikheid.

Die stad is ontwerp met sy Auris-inwoners in gedagte en, soos die inwoners, is die stad modern en futuristies sonder dat enige styl ingeboet word, net soos die Auris.

Besoek die stad en speel in die stad. Ervaar die opwindende nuwe Auris by www.auriscity.co.za.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner