AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Toyota betree die klein paneelwamarkToyota SA het die klein paneelwamark betree met 'n aanpassing van die gewilde Avanza-VDV. Die Avanza Paneelwa word aangebied teen 'n besonder mededingende prys en is gebaseer op die Avanza 1.3-intreevlakmodel. Die Avanza se glanspunte is ruimte, nutswaarde en bekostigbaarheid, alles verpak in 'n kompakte voertuig. Hierdie eienskappe het die oorspronklike VDV 'n ideale kandidaat gemaak vir 'n paneelwaweergawe met 'n volle 955 liter laairuimte. In paneelwagedaante het die laairuimte 'n plat vloer met bindhake. 'n Versperring skei die laairuimte van die stuurkajuit. Die kantruite (van die VDV) word bedek met 'n wit vinielmateriaal. Die twee kantdeure en die groot agterdeur bied uitstekende toegang tot die laairuimte. In die ontwerp en genieuring van die Avanza-VDV is besondere aandag bestee om 'n voertuig te skep met uitstekende bestuurseienskappe vir sy posisie in die mark en dat dit 'n gladde en gerieflike bestuursondervinding sal bied in alle bestuursomstandighede. Daar is ook gesorg vir optimum-verrigting en -bedryfsekonomie. Die bak van die Avanza is gebaseer op 'n besonder rigiede skulpkonstruksie. Dit verseker 'n sterk bestuurder- en passasierveiligheidsel en stabiele hanteringseienskappe. Ander glanspunte van die Avanza is sy uitsonderlike duursaamheid en betroubaarheid. Botsslagabsorberende strukture en versterkte kantstawe bied bykomende beskerming vir die insittendes. Hierdie eienskappe word ook in die nuwe Avanza Paneelwa aangetref. Die Avanza Paneelwa word aangedryf deur Toyota se K3-VE-enjin van 1,3 liter - 'n moderne viersilinderenjin met dubbele bonokasse en 16 kleppe. VVT-i (Variable Valve Timing-intelligent) en elektroniese brandstofinspuiting verseker optimum-verrigting en -brandstofekonomie. Die maksimum-krag is 67 kW @ 6 000 r/min en die top-wringkrag is 120 Nm @ 4 400 r/min. Die Avanza Paneelwa moet elke 15 000 km gediens word. 'n Diensplan van vier jaar/60 000 km is by die prys ingesluit en die voertuig kom met 'n waarborg van drie jaar/100 000 km en AA-Padbystand vir die duur van die waarborg. Die aanbevole kleinhandelsprys is R112 900, BTW ingesluit. |
B D E F G H I K L M N O P R |