Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Blink toekoms vir Honda Suid-Afrika

Honda Suid-Afrika se voortgesette welslae in die plaaslike mark, en sy strategiese belangrikheid in die breër konteks van Honda se werksaamhede in Europa, die Midde Ooste en Afrika, is deur die Honda-Motorkorporasie in Japan erken.

Die nuut aangestelde President van Honda SA, Yoshiaki Nakamura, sê die SA mark is nou een van die streek se vyf topverkopers, wat die Honda in Japan genoop het om die plaaslike maatskappy te herstruktureer.

"Honda SA val nou onder die sambreel van Honda Motor Europe (HME), wat ons in staat sal stel om van die aansienlike hulpbronne waaroor HME beskik, gebruik te maak," verduidelik hy. "Dit sal ook ons ook toelaat om ons besluite vinniger en meer betyds te neem, omdat ons nou regstreeks met die streek se senior bestuur skakel."

Volgens Nakamura het dié hulpbronne reeds gesorg vir pasgemaakte produkte vir dié streek, wat tot 'n groot toename in verkope gelei het. "Die teiken vir die hele streek onder HME se beheer is om verkope van 'n miljoen eenhede teen 2015 aan te teken. Honda SA is beslis van plan om deel van dié groei te wees."

Nakamura-san was Direkteur van Motorverkope by Honda Motor Europa voor hy die leisels by Honda SA opgeneem het. Onder die nuwe struktuur sal sy noue kontak met HME van groot waarde wees.

Onder sy leierskap het Honda rekordverkope in die Europese streek behaal, en sy aanstelling is 'n bewys van Suid-Afrika se toenemende belangrikheid binne die wêreldwye Honda-organisasie.

Nakamura is al amper 30 jaar aan Honda verbonde en is uiters ervare wanneer dit by die vestig van suksesvolle sakeondernemings in ontwikkelende lande kom. Dit was onder meer sy taak om sulke ondernemings in verskeie lande in die Midde Ooste, Afrika, Indië en Asië op die been te bring.

Sy ervaring strek oor 'n groot getal rolle en produklyne binne die Honda-stal, en hy sal 'n waardevolle bydrae maak tot die onderskraging van Honda se voortgesette groei in Suider-Afrika.

"Ek sien uit daarna om weer binne 'n Honda-maatskappy by 'n spesifieke mark betrokke te wees, veral in 'n streek wat soveel belofte inhou. Ons beplan om 'n reeks opwindende produkte in hierdie mark bekend te stel, wat Honda sal help om hier nuwe hoogtes te bereik.

"Boonop sal ek graag wil sien dat meer Suid-Afrikaners wat tot dusver nog nie die geleentheid gehad het om ons produkte te ervaar nie, daardie kans in ons uitgebreide reeks gegun word," het Nakamura afgesluit.

Mnr Hiroaki Shibata, Honda SA se uittredende president, is na 'n nuwe posisie in Frankryk verplaas.

"Hoewel ek na die uitdagings van my nuwe rol in Frankryk uitsien, waar ek vir die verkope van motors en motorfietse verantwoordelik sal wees, sal ek altyd verlang na die opwinding en die lewendige dinamika van die Suid-Afrikaanse markomgewing," het Shibata gesê.

Gedurende die drie jaar waartydens Shibata aan die hoof van Honda SA was, het die maatskappy groot welslae behaal. Daaronder tel:
. Leierskap en konsolidasie van die motorfietsmark
. Toonaangewende groei in die motormark
. Die aanwys van die Civic as 2007 se SA Motor van die Jaar
. Aanwys van Honda as die voorste maak in die JD Power-gehaltepeiling
. Drie jaar die voorste maak in JD Power se klantetevredenheidspeiling
. Die motortydskrif Car se 'SA Motormaatskappy van die Jaar'-toekenning
. Verdubbeling van verkope in die kragtoerustingmark
. Die suksesvolle bekendstelling van die Honda Marine-produkreeks in SA

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner