Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Ons daaglikse brood

Hoewel dit effens ongewoon kan klink, kan die aflewering van brood 'n strawwe uitdaging vir die uithou- en betroubaarheidsvermoë van 'n vragmotor wees ...

Kyk byvoorbeeld na Sunbake, een van die grootste bakkerye in Suid-Afrika, met sy vloot van 470 afleweringsvoertuie wat 80% van hul roetes op grondpad of tweespoorpaadjies in die platteland moet aflê.

"Hierdie vragmotors verduur groot slae en dit is hoekom duursaamheid so belangrike vereiste is wanneer ons 'n koopbesluit moet neem," het Wouter de Beer, groep-vervoerbestuurder van die Sunbake-groep, gesê.

"Deel van Sunbake se missiestelling is dat ons moet probeer om die beste gehalte brood, rolletjies en bolletjies op die mees doeltreffende wyse in die streke in ons teikenmark moet versprei en kleinhandelaars van uitstaande diens voorsien ten einde hul voorkeur-verskaffer te bly. Om daardie rede koop ons betroubare, kostedoeltreffende afleweringskilometers wanneer ons vragmotors aanskaf - ons kan nie onklaarrakings of staantyd bekostig terwyl ons vir vervangingsonderdele wag nie," het De Beer gesê.

"Dit is ernstige oorwegings wat tot Sunbake se lang verhouding met Toyota Vragmotors gelei het," het die minsame De Beer gesê. "Ons het huidiglik 350 Toyota Dynas in ons vloot, terwyl die meeste van die oorblywende 120 voertuie Nissan Cabstar 20- en 35- en Nissan UD60- en UD70-vragmotors is. Ons het 'n wye reeks Dyna-modelle - die 4-093, 5-104, 7-145, 8-145, 6-104 en 7-105 - sowel as 'n aantal Hino 13-237-vragmotors."

DynaSunbake lewer daagliks bykans een miljoen vars brode af. Die maatskappy se jaarlikse produksie is 190 miljoen brode en 10 miljoen pakkies bolletjies en rolletjies by nege bakkerye. Produktiwiteitsdoelwitte behels dat ten minste 14 brode afgelewer word vir elke kilometer wat gery word, en elke vragmotor moet gemiddeld 72 aflewerings per dag doen. Hulle ry soggens tussen 2uur en 3uur van die fabrieke af en keer omstreeks 13:00 terug, afhangende van die roete, en doen dit ses dae per week. Die gemiddelde afstand wat maandeliks deur elke vragmotor afgelê word, is in die omgewing van 4 000km, terwyl die voertuie elke 10 000km versien word.

Die Dynas word almal van die maatskappy se hoofkantoor in Pretoria-Wes af bedryf, en doen aflewerings in Rustenburg, Polokwane, Tzaneen, Nelspruit, Tonga (naby die Mosambiek-grens), Asizakhe en Benoni.

Sunbake het sy eie werkswinkels, wat beman word deur opgeleide tegnici wat deur Toyota Vragmotors verskaf word en gereeld nagegaan word om te verseker hulle behou die vereiste standaarde. De Beer het gesê Toyota se daaglikse aflewering van onderdele aan handelaars beteken dit is nie meer vir hulle nodig om 'n voorraad versiening- en vervangingsonderdele by Sunbake se eie werkswinkels aan te hou nie.

Loopkoste word met behulp van die Freeway-stelsel dopgehou, en fokus veral op brandstofekonomie waar die Dynas goed vaar. Vragmotors wat in sekere gebiede gebruik word, het ook almal opsporingstelsels.

"Ons probeer om loopkoste onder R2 per kilometer te hou, en die duurste koste-items is diesel en bande, hoewel tolgeld deesdae 'n stygende uitgawe is. Sunbake en ons meelverskaffer, Ruto Mills, koop elke maand bykans 'n halfmiljoen liter se brandstof. In die nat seisoen het ons baie meer bandskade as wanneer ons vragmotors net op droeë paaie ry," het Sunbake se groep-vervoerbestuurder gesê.

Sunbake gebruik 'n sewejaar-vervangingsiklus, en die vragmotors het op daardie tydstip reeds sowat 400 000km afgelê - baie sonder groot herstelwerk. De Beer het verduidelik dat Toyota Vragmotors voorheen 'n spesiale "bakkery-pakket" op vragmotors in hierdie veeleisende mark monteer het, maar die jongste Dynas het nie sulke veranderings nodig nie en is gewone produksiemodelle.

'n Maatskappy met die naam Icecold Bodies van Heidelberg verskaf die geïsoleerde veselglasrompe, wat ingevolge Toyota Vragmotors se voorskrifte gemonteer word en in die strafste bedryfstoestande uiters betroubaar bewys is.

De Beer het gesê daar is 'n neiging om grotervolume-vagmotors te gebruik om in stygende volumevereistes te voldoen, maar Sunbake bly by sy beleid om brood naby sy kernmarkte te bak en oor 'n kort afstand te vervoer eerder as om brood oor langer afstande van groter fabrieke af te karwei. Die groep-vervoerbestuurder besoek die bakkerye gereeld en lê self tussen 5 000 en 6 000km per maand in sy Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie af.

Elke Sunbake-afleweringsvoertuig word deur 'n bestuurder en twee assistente beman, wat as verkoopspan saamwerk en ook aflewerings doen. Die maatskappy het huidiglik sowat 550 bestuurders wat deur buitemaatskappye opgelei word. Dit is baie interessant om daarop te let dat die grootste risikobestuurders in die ouderdomsgroep van 35-47 is en nie, soos algemeen aanvaar word, jonger bestuurders wat maar pas eers vir hul rybewyse gekwalifiseer het nie.

Wouter de Beer is deur en deur 'n vragmotormens. "Ek het selfs diesel in my are," skerts hy. Hy het sy loopbaan as dieseltegnikus-vakleerling by Ford begin voordat hy by Truckmakers, 'n vervaardiger van militêre voertuie in Rosslyn, vir 'n tydperk van 10 jaar gaan werk het. Hy het hom in 1994 by Ruto Mills aangesluit en sy pad deur vervoerbestuur tot in sy huidige pos oopgewerk, waar hy groot munt kan slaan uit sy ervaring in alle aspekte van die onderneming.

Sunbake is in 1990 uit Fedbake tot stand gebring toe dit nog deel van die Ruto Mills-groep was. Die maatskappy het in 1992 deel van Foodcorp geword ná die samesmelting tussen Kanhym en Fedfood. Sedertdien het Pomodzi Investment Holdings 'n aandeel van 65% in Foodcorp verkry en kragte met die bestuur en werknemers gesnoer om volle beheer oor te neem van dié groot maatskappy wat miljoene Suid-Afrikaners steeds van hul daaglikse brood voorsien.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner