AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
560 km sonder hervulDie Toyota-Motorkorporasie het aangekondig dat die jongste weergawe van sy FCHV (Fuel Cell Hybrid Vehicle, of Brandstofsel-Hibriedvoertuig) 'n langafstand-toets met vlieënde vaandels geslaag het. In die toets het die FCHV 'n rit van 560 km van Osaka na Tokio op 'n enkele lading waterstof afgelê. In die jongste toets - deel van die Toyota FCHV se toetsprogram op openbare paaie - het die motor voor die hoofkantoor van Osaka se plaaslike regering in die middestad van Osaka weggespring en daarvandaan via die Meisjin-snelweg, die Tomei-snelweg en Tokio se Metropolitaanse snelweg gery. Die toetsrit het by die Toyota Mega Web, 'n vermaaklikheidsentrum met 'n voertuigtema aan Tokio se waterfront, geëindig. Nie net het die FCHV geen ekstra waterstof nodig gehad nie, maar die lugreëling was die hele tyd aangeskakel. Die jongse weergawe van die FCHV spog met verbeterings aan Toyota se hoëverrigtings-FC Stack-brandstofsel en die beheerstelsel wat die brandstofsel se lewering en die laai en ontlaai van die battery beheer. Dit is 25 persent meer brandstofdoeltreffend as vroeëre weergawes. Die FCHV is ook toegerus met hoëdruk-waterstoftenks (70 Mpa), wat feitlik dubbel soveel waterstof kan berg as die 35 Mpa-tenks wat voorheen gebruik is. Hierdie verbeterings beteken dat die motor 'n reikafstand van tot 750 km op 'n enkele lading waterstof het (in die Japanse 10-15-toetssiklus, soos bereken deur die Toyota-Motorkorporasie). Die TMK se oogmerk is om die gebruik van brandstofselvoertuie sover moontlik uit te brei, en met die oog hierop werk die maatskappy saam met die Japanse regering, energiemaatskappye en ander belanghebbende instansies. Kwessies soos die koste, verskillende metodes om waterstof te berg en 'n verskaffingsinfrastruktuur en ander tegniese aspekte word alles in ag geneem in die ontwikkeling van hierdie alternatiewe brandstofbron vir voertuie. Die TMK is steeds druk besig met navorsing en ontwikkeling ten opsigte van, onder meer, die reikafstand van brandstofselvoertuie, doeltreffende aanskakeling in lae temperatuurstoestande, duursaamheid en kostebesparings. Die FCHV is 4 735 mm lank, 1 815 mm breed, 1 685 mm hoog en bied sitplek aan vyf insittendes. Die motor se elektriese motor het 'n lewering van 90 kW en 260 Nm. |
B D E F G H I K L M N O P R |