AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Hilux bring sy kant in opleiding van wildwagtersToyota, in samewerking met die Vereniging van Wildwagters van Afrika (Game Rangers Association of Africa, ofte wel die GRAA), die Southern African Wildlife College (SAWC), die Peace Parks Foundation (PPF) en Klipbokkop 4x4-Akademie het 'n gedugte nuwe inisiatief van stapel laat loop wat toegespits is op die nasionale parke en die oorgrensbewaringsgebiede in Suider-Afrika. Toyota se 4x4-Bewaringsuitreikprogram, wat op Sondag, 3 Augustus, afgeskop het en tot 22 Augustus duur, sal 'n span wildwagters en opleidingspesialiste van die GRAA en die SAWC in staat stel om sleutel-bewaringsgebiede in Afrika te besoek, waar hulle met bestuurders en veldwagters sal saamwerk om die behoeftes ten opsigte van opleiding, bestuur en infrastruktuurontwikkeling te bepaal. Die span van die 4x4-Bewaringsuitreikprogram, onder leiding van die ervare natuurkenner en eienaar van die Klipbokkop 4x4-Akademie, Gerhard Groenewald en sy vrou, Elmarie, het op 3 Augustus van die Twanana-kamp in die Nasionale Krugerwildtuin vertrek en sal gebiede soos die Nasionale Park Gorongoza in Mosambiek, die Nasionale Park Suid-Luangwa, die Nasionale Park Laer-Zambezi en die Nasionale Park Sioma Ngwezi Park in Zambië, en die Nasionale Park Chobe in Botswana besoek. Toyota Suid-Afrika en Toyota Finansiële Dienste (TFD) het Hilux- en Fortuner-voertuie beskikbaar gestel vir die strawwe reis van ongeveer 6 500 km deur van die meer afgeleë gebiede van bewaringsbelang en natuurlike skoonheid in Suider-Afrika. "Ons het Toyota Hilux- en Fortuner-voertuie op die finale rondes van die Eko-Uitdaging gebruik en was so beïndruk met hul vermoëns en gehardheid dat ons nie twee keer gedink om weer hierdie Toyota-modelle te kies vir dié reuse-onderneming nie. Die Hilux en Goodyear se veelterreinbande is 'n gedugte kombinasie," het Groenewald voor hul vertrek gesê. Die span van die GRAA bestaan uit verteenwoordigers van organisasies soos SANParke, die Endangered Wildlife Trust, die Wildlife and Environment Society of South Africa en die private sektor. Die projek sal ook die implementering van 'n doeltreffende evaluasie- en moniteringstelsel bevorder, wat gegrond is op baie jare se ondervinding van die GRAA se byna 800 lede oor die hele vasteland in die bestuur van bewaringsgebiede in Afrika. "Die toekoms van bewaring in Afrika en die behoud van sy wildernisgebiede is in die hande van sy natuurlike hulpbronbestuurders en veldwagters," sê André Botha, Voorsitter van die GRAA. "Die GRAA is daartoe verbind om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die toekoms van bewaring in Afrika toegewyd, gemotiveerd, eties en professioneel is in die uitvoering van hul pligte, en dat hulle opgelei is in die benodigde vaardighede. "Ons is oortuig dat die 4x4-Bewaringsuitreikprogram in Afrika ons in staat sal stel om die probleme uit te lig waarmee veld- en wildwagters oor die hele vasteland te kampe het, en ons help om die doelwitte en ideale van die Vereniging te bevorder." In Zambië sal die konvooi ook 'n span van die Peace Parks Foundation besoek. Hierdie span is besig met die kwantifisering en langtermyn-monitering van biomassa, ekostelseldienste en grondgehalte in 'n gebied met 'n oppervlakte van 60 miljoen hektaar in die beskermde gebiede van Suider-Afrika. Dit is moontlik een van die grootste ekologiese programme van sy soort ter wêreld.
Die Toyota 4x4-Bewaringsuitreikprogram word gesteun deur Toyota SA, Toyota Finansiële Dienste, Hi-Q, Goodyear, 4x4 Megaworld, National Luna, Garmin en MBV Satcom Africa. Vir meer inligting en die jongste bywerkings besoek www.toyota.co.za of www.conservationoutreach.co.za. |
B D E F G H I K L M N O P R |