AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
Outomatiese dieselmodelle vir die Hilux Raider-reeksToyota Suid-Afrika het sy reeks van super-gewilde Hilux-bakkies met drie nuwe top-modelle, twee van hulle outomatiese dieselweergawes, uitgebrei. Die twee nuwe dieselmodelle is die tweewielaangedrewe Hilux 3.0D-4D Raised Body Raider Outomaties en die Hilux 3.0D-4D 4x4 Raider Outomaties. Dit is die eerste keer dat Toyota kopers van dieselaangedrewe dubbelkajuit-Hilux-bakkies die keuse van 'n outomatiese vierspoedratkas gee. Die derde nuwe model in die Hilux-reeks is die petrolaangedrewe 4.0 V6 Raised Body Dubbelkajuit Raider 4x2 met 'n outomatiese vyfspoedratkas. Die toevoeging van hierdie nuwe modelle tot die Hilux-reeks val saam met 'n klein modelverandering wat die stilering van die buite- en binnekant van Suid-Afrika se gewildste eentonbakkie verfris. En dit is nie net in die bakkiemark dat die Hilux maand na maand koning kraai met verkope nie. Totale verkoopsyfers vir die jaar tot aan die einde van September toon dat die Hilux Suid-Afrika se topverkoper-voertuig is met verkope van 22 598 eenhede - wat die verkoopsyfer van die voorste passasiersmotor met 194 eenhede oortref. In die eentonsegment van die mark is die Hilux verantwoordelik vir 37 persent van alle verkope. Klante kan kies uit 18 Hilux-weergawes, van basiese werkperdmodelle tot dié met die luuksueuse Raider-spesifikasie, wat spog met 'n veelsydige kombinasie van bruikbare nutsruimte en al die luukses wat die bestuurder en sy passasiers verlang. Tien van die 18 Hiluxes is enkelkajuit en die ander agt dubbelkajuit. In sy voordrag by die Johannesburgse Internasionale Motorskou het Andrew Kirby, Toyota SA se Senior Vise-President: Verkope en Bemarking, die volgende gesê: "Die Hilux het hom in die ligte handelsvoertuigmark gevestig as 'n uitnemende waardeproposisie met sy reputasie vir waarde vir geld, betroubaarheid, eienskappe en ongeëwenaarde prestasie ten opsigte van vollewebedryfskoste. "By Toyota monitor ons voortdurend die mark met die oog op klantvereistes. Met die snelle vordering in dieselenjintegnologie en die toenemende gewildheid van dieselvoertuie in Suid-Afrika het ons 'n hoë vlak van belangstelling in 'n vlagskip-tipe outomatiese Hilux-dieseldubbelkajuit waargeneem. Hierdie nuwe modelle in die Hilux-reeks word bekend gestel om in daardie vraag te voorsien. Hulle word aangedryf deur Toyota se jongste 1KD-FTV-dieselenjin of die vierliter-petrol-V6 en al drie spog met 'n omvattende spesifikasielys." Toyota se jongste 1KD-FTV-enjin is 'n turboaangejaagde, tussenverkoelde drieliter-viersilindereenheid met 'n sestienklep-dubbelbonokasuitleg. Die maksimumkrag is 120 kW @ 3400 r/min en die top-wringkrag van 343 Nm word tussen 1 400 r/min and 3 200 r/min ontwikkel. Die elektronies beheerde deelpyp-tipe brandstofinspuitstelsel van die 1KD-FTV-enjin bied besondere brandstofbestuur met 'n mikrorekenaar wat die inspuitdruk, inspuittydreëling en die volume van die brandstoflading beheer. Die stelsel bestaan uit 'n hoëdruk-toevoerpomp, inspuiters, die deelpyp wat brandstof na die inspuiters deurvoer en die hoëdrukpyp wat die verskillende komponente met mekaar verbind. Die brandstoftoevoer word beheer deur 'n EDE (Elektroniese Dryfeenheid) wat elke inspuiter op presies die regte oomblik aktiveer om 'n afgemete hoëdruk-brandstoflading wat uit die deelpyp getrek word, regstreeks in elke silinder in te spuit. 'n Reeks sensors voer deurentyd inligting aan die mikrorekenaar, wat omvattende beheer uitoefen oor die brandstofdruk in die deelpyp en ook oor die inspuittydreëling en die brandstofvolume. Die hoë mate van beheerbuigsaamheid, tipies van hierdie enjins, verbeter enjinverrigting en brandstofdoeltreffendheid en verminder terselfdertyd stikstofoksied- en partikelemissies. Ontbrandingsgeraas word ook bekamp. Die turboaanjaer benut "wisselnosselwiek"-tegnologie. Hierdie stelsel verstel die vloeisnelheid en uitlaatgasdruk wat die turbine binnevloei, voortdurend. Dit maak dat die balans tussen die uitlaatteendruk en die aanjaagdruk geoptimiseer word op grond van die vereistes van die enjin. 'n GS-servomotor dryf die nossels. Die vernaamste spesifikasiekenmerke van die Hilux Raised Body Raider 4x2 en die Raider 4x4 is soos volg: Eienskappe eie aan die Dubbelkajuit 4x4 Raider: Die Hilux se nuwe buitestileringspakket, soos gesien kan word in die nuwe Hilux 3.0D-4D 4x4 Raider AT wat vertoon word, sluit in 'n hersiene nuwe voorbuffer, nuwe sierrooster, 'n hersiene kopligontwerp, sluitbare agterklap en 'n kort "angel"-tipe antenna. Die dubbelkajuit-Raider-modelle spog nou ook met 16 duim-wiele. In al die Hilux-modelle met handrat is die ratkierie korter gemaak om die ergonomie te verbeter. Ander verbeteringe in alle enkel- en dubbelkajuit-Hiluxe sluit in 'n leeroortreksel vir die stuurwiel en ratkierie. Die 3.0D-4D Raider-modelle kry ook, soos die 4.0 V6-petrolmodelle, snelheidsbeheer. Die dubbelkajuit-Raider-modelle spog nou ook met 'n veelinligtingsvertoon, Optitron-instrumentasie en 'n "Auto"-modus vir die lugreëlaar. |
B D E F G H I K L M N O P R S T U V W Y |